Rust­moord: 18­ja­ri­ge vas

Beeld - - Front Page - – S­han­tel Mo­ses

Kaap­stad. – ’n 18-ja­ri­ge man wat ver­le­de jaar ge­ma­tri­ku­leer het, ver­skyn van­dag in die land­dros­hof in Wellington in ver­band met die moord op die skry­wer Win­nie Rust.

Rust (77) is ver­le­de Woens­dag dood in haar huis in die stil woon­buurt Uit­sig in Wellington aan­ge­tref. Haar han­de en voe­te was vas­ge­bind en haar mond met kleef­band toe­ge­plak. Daar was bloed aan haar ge­sig.

Haar man, dr. Manie Rust (83), het die mid­dag om­streeks 15:30 uit die slaap­ka­mer op die boon­ste ver­die­ping ge­kom na­dat die hek­klok­kie ge­lui het en toe op haar lyk in die kom­buis af­ge­kom.

Vol­gens No­loyi­so R­wex­a­na, ’n po­li­sie­woord­voer­der, is die jong man die na­week in heg­te­nis ge­neem ná goeie speur­werk deur die Wel­ling­ton­se speur­tak.

“Ver­skeie ar­ti­kels wat by Rust ge­steel is, is in sy be­sit ge­vind. Dit ver­bind hom met die moord op Rust.”

Die 18-ja­ri­ge is vol­gens ’n be­trou­ba­re bron nie ’n lid van die Rust-fa­mi­lie nie, maar ook nie on­be­kend aan die ge­sin nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.