Ryk wit­tes moet hoes vir ar­mes se krag

Om jam­mer te sê vir a­part­heid is nie ge­noeg nie, sê Ju­ju

Beeld - - Front Page - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Wit, ryk Suid-A­fri­ka­ners sal in ’n EFF-be­heer­de mu­ni­si­pa­li­teit hul arm, swart me­de-in­wo­ners se wa­ter- en e­lek­tri­si­teits­re­ke­nin­ge be­taal om­dat hul­le by a­part­heid baat ge­vind het, het Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, ge­sê.

Ma­le­ma het gis­ter die par­ty se plan­ne op ’n ge­meen­skap­saam­trek in Gu­gu­le­tu, Kaap­stad, be­kend ge­maak.

Dit was Ma­le­ma en die EFF se heel eer­ste o­pen­ba­re saam­trek se­dert die par­ty op 30 A­pril sy ver­kie­sings­ma­ni­fes vir die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing van 3 Au­gus­tus in die Or­lan­do­sta­di­on in So­we­to be­kend ge­stel het.

“Die EFF se ma­ni­fes sê ryk, wit in­wo­ners van die voor­ste­de sal vir die ar­mes in towns­hips se ba­sie­se diens­te be­taal om­dat hul­le swart men­se baie lank uit­ge­buit het.

“Hul­le het des­tyds jul grond ge­steel. Jul­le het die prag­ti­ge stad (Kaap­stad) vir hul­le ge­bou.”

Vol­gens Ma­le­ma is baie swart men­se arm om­dat “die Boe­re” van die a­part­heids­re­gi­me hul­le ver­hin­der het om skool te gaan.

“Hul­le moet daar­voor be­taal. Die ry­kes moet die ryk­dom van die land met die ar­mes deel deur te sorg vir die­ge­ne wat nie vir hul­self kan sorg nie.

“Dit is hoog tyd dat hul­le vir hul ryk­dom skaam moet wees. Laat die­ge­ne wat by a­part­heid baat ge­vind het be­rou toon. Hul­le sê al­tyd hul­le is jam­mer daar­oor. Maar jam­mer is nie ge­noeg nie.

“Hul­le sal on­der ’n EFF-mu­ni­si­pa­li­teit vir die ar­mes se wa­ter- en e­lek­tri­si­teits­re­ke­nin­ge be­taal en help om hui­se vir hul­le te bou.”

Hy het gis­ter ook sterk na die bruin stem in ver­al die Kaap­se me­tro­pool ge­vry deur te sê dat dié groep ook deel van swart men­se is wat steeds deur die “wit min­der­heid” on­der­druk word.

Ma­le­ma het ge­sê EFF-par­le­ments­le­de is be­reid om in die par­le­ment ver­moor te word eer­der as om toe te laat dat pres. Ja­cob Zu­ma en die ANC die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof ver­nie­tig soos hul­le die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) pro­beer ver­nie­tig het.

“Ons kan nie met arms ge­vou sit as die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof nut­te­loos ge­maak word nie.”

Ma­le­ma het daar­mee ver­wys na die uit­spraak van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof oor N­kand­la wat be­vind het dat Zu­ma en die par­le­ment die Grond­wet ge­skend het.

“Zu­ma moet nie net om ver­sko­ning kan vra en dan ge­beur niks nie. Ons is al­mal ge­lyk voor die reg.

“Hy moet val. Ons kan nie vir e­wig ge­lei word deur ’n on­ge­let­ter­de wat die Grond­wet on­der­myn nie.”

Ma­le­ma het ook ver­wys na die jong­ste na­vor­sing wat toon dat Suid-A­fri­ka tans die der­de groot­ste e­ko­no­mie in A­fri­ka is.

“Want dit is deur Zu­ma se lei­er­skap.

“Die lands­e­ko­no­mie het in De­sem­ber by­na R500 mil­jard ver­loor weens Zu­ma se aan­stel­ling van Des van Rooy­en as mi­nis­ter van fi­nan­sies. En steeds sê hy dit is nie sy skuld nie.”

Fo­to: EDREA DU TOIT

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF­lei­er, gis­ter in Gu­gu­le­tu, Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.