Se tra­gie­se ein­de

Beeld - - Front Page - Kay­de­ne Da­vids

’n Be­lo­wen­de jong hok­kie­spe­ler is eer­gis­ter­aand in Bloem­fon­tein dood na­dat die mo­tor waar­in sy en haar vriend ge­ry het, teen ’n straat­lig in die noor­de van die stad ge­bots het.

Mi­cha­e­li­ne T­ri­cam (20), ’n twee­de­jaar­stu­dent in men­s­e­li­ke­be­we­gings­kun­de aan die Universiteit van die Vry­staat en be­lo­wen­de hok­kie­spe­ler, is deur pa­ra­me­di­ci op die to­neel dood ver­klaar. Ra­mon Jor­daan, haar ja­re lan­ge vriend, is in ’n kri­tie­ke toe­stand na die Pe­lo­no­mi-hos­pi­taal in die stad ge­bring.

Vol­gens Trau­ma Re­spon­se A­fri­ca lyk dit of die Volks­wa­gen Po­lo waar­in die paar­tjie eer­gis­ter­aand om­streeks 23:00 ge­ry het, die pad ver­laat het voor­dat dit teen ’n straat­lig ge­bots het.

Die nood­lot­ti­ge on­ge­luk het in Ken­neth Kaun­da­weg in die rig­ting van die Northrid­ge-win­kel­sen­trum ge­beur.

Me­de­lye vir T­ri­cam, ’n boor­ling van Kim­ber­ley, het van o­ral oor op Facebook in­ge­stroom.

Volks­blad ver­neem stu­den­te­vrien­de van T­ri­cam moes be­ra­ding ont­vang.

’n E­mo­si­o­ne­le Gar­sen T­ri­cam, Mi­cha­e­li­ne se pa, sê Mi­cha­e­li­ne en haar vriend was op pad na haar woon­stel toe die on­ge­luk ge- beur het.

Hy sê die he­le fa­mi­lie, ver­al Mi­cha­e­li­ne se ma en drie sus­ters, is plat­ge­slaan oor haar on­ver­wag­se dood.

“Dit is so on­ver­wags. Ons het nie eens van haar af­skeid ge­neem nie. Sy was die bes­te ooit. Sy het al­tyd haar bes ge­doen en het nooit nee ge­sê vir ’n uit­da­ging nie. Sy was ’n ster.”

Gar­sen sê hy het eer­gis­ter­og­gend te­le­fo­nies met sy dog­ter ge­praat en het nooit ge­dink dit sou die laas­te keer wees dat hy sy dog­ter se stem sou hoor nie.

“Dit is steeds on­werk­lik. Om in die mid­del van die nag ’n op­roep te ont­vang dat jou kind dood is, is hart­ver­skeu­rend. Dít is sleg. Ek hoop steeds dat dit s­legs ’n nag­mer­rie was en dat ek e­ni­ge oom­blik wak­ker gaan word.”

Hy sê Mi­cha­e­li­ne was Moe­ders­dag laas by die huis, maar het dié na­week weens hok­kie­ver­plig­tin­ge in die Ro­se­stad ag­ter­ge­bly.

Geen be­graf­nis­re­ë­lings is nog ge­tref nie.

Die po­li­sie on­der­soek ’n klag van straf­ba­re man­slag.

Die wrak van die Volks­wa­gen Po­lo waar­in Mi­cha­e­li­ne T­ri­cam, ’n be­lo­wen­de jong hok­kie­spe­ler, haar le­we ver­loor het na­dat dié mo­tor die pad ver­laat het voor­dat dit teen ’n straat­lig in Ken­neth Kaun­da­weg in Bloem­fon­tein ge­bots het. Ra­mon Jor­daan, T­ri­cam se ja­re lan­ge vriend, is in ’n kri­tie­ke toe­stand in ’n hos­pi­taal in die stad op­ge­neem.

Fo­to: FACEBOOK

Mi­cha­e­li­ne T­ri­cam

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.