Ge­vra om te loop by fees

Pro­beer saam­smelt met ska­re; ge­vra om te loop

Beeld - - Front Page - – News24

Die a­part­heidsmoor­de­naar Eu­ge­ne de Kock het die na­week ’n let­ter­kun­de­fees in Fransch­hoek ver­laat na­dat skry­wers en uit­ge­wers ont­steld was oor sy teen­woor­dig­heid.

De Kock is Vry­dag en eer­gis­ter by tye by die let­ter­kun­de­fees in Fransch­hoek op­ge­merk.

’n Joer­na­lis sê dit het ge­lyk of hy met die ska­re pro­beer saam­smelt.

“Dit het ge­lyk of hy nie wou hê dat ie­mand hom her­ken nie. Hy het vir ons ge­sê een van sy pa­rool­voor­waar­des is dat hy nie met die me­dia mag praat nie.”

Hy is so­wat ’n jaar ge­le­de op pa­rool vry­ge­laat.

Eer­gis­ter­og­gend was De Kock in die ska­re toe reg­ter Den­nis Da­vis ’n pa­neel­be­spre­king met die joer­na­lis­te A­lex E­li­seev, A­ne­ma­ri Jan­sen en Ja­c­ques S­teen­kamp ge­lei het oor die uit­da­gings wat on­der­soe­kers het om mis­daad­sa­ke op te los.

Jan­sen, skry­wer van Eu­ge­ne de Kock: Sluip­moor­de­naar vir die staat, is ook in die voor­ma­li­ge Vlak­plaas­be­vel­voer­der se ge­sel­skap ge­sien.

Die bi­o­gra­fie, wat sy met De Kock se vol­le sa­me­wer­king ge­skryf het, is in A­pril be­noem vir die Sun­day Ti­mes Alan Pa­ton-prys.

De Kock was eer­gis­ter­aand teen- woor­dig toe die kort­lyskan­di­da­te vir die prys be­kend ge­maak is. Die boek het nie die kort­lys ge­haal nie.

Die skry­wer Lau­ren Beu­kes het aan Books Li­ve ge­sê die swart skry­wers en uit­ge­wers was erg ge­trau­ma­ti­seerd oor De Kock se teen­woor­dig­heid. Al­mal het ge­won­der of hul­le die lo­kaal moet ver­laat, sê sy.

“Mis­kien moes ons dit ge­doen het. Maar ek was kwaad om­dat die skry­wers die ge­leent­heid wat vir hul­le be­doel is, sou moes ver­laat.

“Ek het na hom toe ge­stap waar hy by die trap­pe ge­staan het en ge­vra of hy Eu­ge­ne de Kock is.

“Ek het ge­sê: ‘Dit is on­van­pas dat jy hier is. Men­se is in tra­ne om­dat jy hier is en ek dink jy moet gaan.’

“Hy het ge­sê: ‘Dan­kie dat jy my ge­sê het’, en ge­gaan,” sê Beu­kes.

Bon­ga­ni Si­qo­ko, re­dak­teur van Sun­day Ti­mes, het aan Books Li­ve ge­sê De Kock was ’n gas van die bi­o­gra­fie se uit­ge­wer, Ta­fel­berg, en nie van Sun­day Ti­mes nie.

Geen er­ken­ning is aan hom ge­gee nie, sê hy.

De Kock se ver­sky­ning het taam­lik kom­men­taar op T­wit­ter ge­kry.

Die mees­te twie­ters was kri­ties, maar en­ke­les het ge­sê men­se moet hom laat be­gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.