Plas­tiek­sak oor win­kel­man se kop ge­trek in roof­tog

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

Ro­wers het ’n plas­tiek­sak oor die kop van ’n P­re­to­ri­a­se win­kel­as­sis­tent ge­trek en sy han­de met skoen­ve­ters vas­ge­bind.

Hy kon nie a­sem kry nie, het Mokhle­sur Ho­sur, een van drie Bangla­desjie­se broers wat by On­der­ste­poort Su­per­mar­ket & Ta­keA­ways werk, in ge­bro­ke En­gels ge­sê.

Twee ro­wers met hand­wa­pens het gis­ter­og­gend by die win­kel in­ge­stap. Mokhle­sur was ag­ter die toon­bank. Vyf an­der het sy broers, Ali en Mo­ham­med, in die par­keer­ter­rein as gy­se­laars aan­ge­hou.

Die ro­wers het ge­dreig om Mokhle­sur te skiet as hy nie saam­werk nie. Hul­le het met si­ga­ret­te, sel­fo­ne en R20 000 kon­tant weg­ge­kom. Geen sko­te is af­ge­vuur nie.

“Dit het nie vyf mi­nu­te ge­vat nie. T­joef-tjaf in en uit,” sê Ma­rie­tjie Nau­dé, me­de-ei­e­naar van die On­der­ste­poort-drank­win­kel, wat langs die su­per­mark is.

Die win­kels se kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras het nie gis­ter ge­werk nie, want die krag was af, sê Nau­dé.

Teen 11:30, meer as twee uur ná die roof­tog, was die po­li­sie nog nie op die to­neel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.