Op 2 wie­le deur A­fri­ka

Beeld - - Nuus - El­ma­ri­ne An­tho­ny

Hy is in E­thi­o­pië met klip­pe be­stook, in Soe­dan vier keer deur bus­se van die pad ge­dryf en in Botswa­na deur ’n o­li­fant ge­jaag.

Dít is net ’n klom­pie van die tal­le we­der­va­rin­ge wat Craig T­hom­son (29) op ’n fiets­toer van 12 000 km deur A­fri­ka ge­had het.

T­hom­son het eer­gis­ter die toer vol­tooi en toe gis­ter som­mer aan die FNB One run­wed­loop oor 12 km in Kaap­stad ook deel­ge­neem.

Hy het die af­ge­lo­pe vier maan­de deur E­gip­te, Soe­dan, E­thi­o­pië, Ke­nia, Tan­za­nië, Ma­la­wi, Zam­bië, Botswa­na, Na­mi­bië en toe Suid-A­fri­ka ge­ry en so­doen­de meer as R50 000 vir die U­nog­wa­ja Lig­ht-pro­jek in­ge­sa­mel.

“Daar is baie sport­ge­o­ri­ën­teer­de lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sies in Noor­dA­me­ri­ka en A­sië, maar nie in SuidA­fri­ka nie,” het T­hom­son gis­ter ver­tel na­dat hy die One run-wed­loop vol­tooi het.

Ver­der wou hy so­veel moont­lik van A­fri­ka sien en pro­beer om dit be­ter te ver­staan. “A­fri­ka is so mooi en u­niek.”

T­hom­son, wat in be­mar­king werk, en nog 17 men­se het die fiets­toer saam ge­pak en die mees­te aan­de in die bos ge­slaap.

“Ons was in ’n sta­di­um agt dae son­der wa­ter om te stort,” het hy ge­sê.

Hul­le moes ook drie dae in E­thi­o­pië en in die noor­de van Ke­nia per bus ver­voer word weens vei­lig­heids­re­des.

Hy is bly dat hy ver­skil­len­de kul­tu­re en per­spek­tie­we kon er­vaar.

“Ek het dit ge­niet om met die kin­ders in lan­de­li­ke ge­bie­de te speel en om die glim­lag­te op hul ge­sig­te te sien.”

In Soe­dan is hy met ope arms ver­wel­kom. “Hul­le het so min, maar gee so baie,” het T­hom­son ge­sê.

Hy be­plan om van­jaar nog aan ver­skeie sport­ge­leent­he­de, soos die F­resh­pak-fiks­heids­fees en die Slang­hoek-drie­kamp, deel te neem.

Craig T­hom­son in Ka­ïro, E­gip­te, net voor­dat hy met ’n fiets­toer van 12 000 km be­gin het. Hy het die toer eer­gis­ter in Kaap­stad vol­tooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.