Boer wat oor­se­se gas­te het op plaas dood­ge­skiet

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

’n Boer is Vry­dag­aand na­by Paul­pie­ters­burg in K­waZu­lu-Na­tal ver­moor.

F­rie­del Fil­ter, wat iets in die 70 was, is om­streeks 19:00 in sy huis op die plaas F­ris­chge­wagt oor­val.

Sy dog­ter en skoon­seun van Duits­land kui­er tans op die plaas.

Vol­gens Eu­ge­ne van As­we­gen, plaas­li­ke voor­sit­ter en vei­lig­heids­ver­teen­woor­di­ger van A­friForum, ver­moed hul­le dit was ’n roof­tog wat skeef­ge­loop het.

“Hul­le (die aan­val­lers) het dalk nie ge­weet dat hul­le met meer men­se te doen sal hê as F­rie­del en sy vrou nie.”

Twee van die aan­val­lers met klap- mus­se aan het die huis bin­ne­ge­gaan en vier het bui­te ge­wag, sê Van As­we­gen.

Een het Fil­ter glo om die nek ge­gryp en ’n hand­wa­pen teen sy kop ge­druk.

“Toe hul­le sien daar is meer men­se as net die oom en sy vrou, het hul­le met F­rie­del ag­ter uit­ge­stap,” sê Van As­we­gen.

Bui­te die deur was daar blyk­baar ’n stoei­e­ry en ’n skoot het af­ge­gaan en Fil­ter in die kop ge­tref. Hy is op die to­neel dood. Die ro­wers het te voet ge­vlug. Vol­gens maj. S­hooz Ma­gu­du­le­la, po­li­sie­woord­voer­der, is ’n man wat ver­by­ge­draf het kort daar­na in die bo­been en kuit ge­skiet. Sy naam is nie be­kend nie.

Van As­we­gen ver­moed dit is ’n plaas­wer­ker.

“Hy het ge­sê hy het van ’n sok­ker­wed­stryd af ge­kom. Die aan­val­ler het ge­vra wat hy daar maak en hom ge­skiet.”

Die man se sel­foon is ge­steel en hy is in die hos­pi­taal op­ge­neem.

Die po­li­sie is op soek na ses men­se van tus­sen 30 en 40 jaar oud.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.