S­tu­den­te rand prof aan

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

’n Pro­fes­sor aan die Universiteit van Jo­han­nes­burg is deur s­tu­den­te met bier­bot­tels aan­ge­rand toe hy pro­beer uit­vind het waar­oor hul­le ba­klei.

’n W­hat­sApp-bood­skap is eer­gis­ter­mid­dag op ’n straat­groep uit­ge­stuur oor ’n groep s­tu­den­te van ’n kom­mu­ne in We­st­de­ne, Jo­han­nes­burg, wat ba­klei.

Prof. Rei­nout Mei­j­boom van die che­mie-de­par­te­ment het gaan kyk wat aan die gang is, maar die ba­klei­e­ry was toe al ver­by. Hy het wel fo­to’s ge­neem van die groep s­tu­den­te, elk met ’n bier­bot­tel in die hand.

“Ek het nie eens die groep ge­na­der nie,” sê hy. “Net fo­to’s ge­neem.”

Hy sê die bu­re het ook ge­kla oor die har­de mu­siek wat van Vry­dag­aand tot eer­gis­ter in die vroeë og­gend­u­re ge­speel het.

Daar was so­wat 20 s­tu­den­te in die groep.

Drie s­tu­den­te wat Mei­j­boom as dronk be­skryf, het hom met bier­bot­tels teen die kop ge­gooi. Hy moes vyf ste­ke kry.

Die kom­mu­ne se ei­e­naar kon net een uit die groep i­den­ti­fi­seer.

Nie­mand is nog vas­ge­trek nie en die po­li­sie kon gis­ter nie die voor­val be­ves­tig nie.

’n Skermgreep van die vi­deo wat ge­neem is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.