Ver­wag van­dag wol­ke en re­ën

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Gau­teng, M­pu­ma­lan­ga en Lim­po­po sal na ver­wag­ting van­dag steeds be­wolk wees ná die na­week se re­ën­buie.

In die 24 uur van eer­gis­ter­og­gend af het 79 mm re­ën in So- we­to ge­val, 58 mm op an­der plek­ke in Jo­han­nes­burg en 60 mm in Ve­ree­ni­ging.

In M­pu­ma­lan­ga is 6 mm re­ën in Er­me­lo aan­ge­te­ken en 4 mm in Se­cun­da, sê Way­ne Ven­ter, weer­voor­spel­ler van die SuidA­fri­kaan­se Weer­diens (SAWD).

In Be­la-Be­la in Lim­po­po het dit 5 mm ge­re­ën en in Po­lo­kwa­ne 2 mm.

Van­dag is daar vol­gens die SAWD ’n 60%-kans op re­ën in P­re­to­ria en ’n 30%-kans in die noor­de­li­ke de­le van M­pu­ma­lan­ga en die oos­te­li­ke de­le van Lim­po­po.

Die ver­wag­te mak­si­mum tem­pe­ra­tuur vir Jo­han­nes­burg is 20 ° C en 22 ° C vir P­re­to­ria. ’n Mak­si­mum van 23 ° C word vir Nel­spruit voor­spel, 18 ° C vir Er­me­lo, 26 ° C vir Lep­ha­la­le en 22 ° C vir Po­lo­kwa­ne.

Fo­to: INTELLIGENCE BUREAU SA

’n Mo­tor wat eer­gis­ter­aand in vloed­wa­ter langs Bel­gra­vestraat in Bry­an­ston, Jo­han­nes­burg, mee­ge­sleur is. Daar was nie­mand in die mo­tor toe dit uit die wa­ter ge­haal is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.