2016 dalk warm­ste jaar nóg

Ge­vaar­lig­te flik­ker, waar­sku kun­di­ges

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die moont­lik­heid raak al hoe gro­ter dat 2016 die warm­ste jaar gaan wees se­dert 1880, toe be­gin is om boek te hou van tem­pe­ra­tu­re.

Dit was die warm­ste A­pril die af­ge­lo­pe 135 jaar, het die A­me­ri­kaan­se Ruim­te-a­gent­skap (Na­sa) eer­gis­ter be­kend ge­maak.

Die af­ge­lo­pe se­we maan­de was die aard­tem­pe­ra­tuur ge­mid­deld 1 ° C ho­ër as die ge­mid­del­de vir die 20ste eeu en die 12 maan­de se­dert A­pril 2015 was die warm­ste wat nog aan­ge­te­ken is.

Ga­vin S­chmidt, kli­maat­we­ten­skap­li­ke en se­ni­or na­vor­ser van Na­sa, het eer­gis­ter ge­twiet “die kans is 99% dat die 2016-ka­len­der­jaar al­le vo­ri­ge tem­pe­ra­tuur­re­kords gaan oor­tref”.

Die ge­vaar­lig­te flik­ker, want die drem­pel van ’n sty­ging van 1,5 ° C kom baie vin­nig na­der, sê kli­maat­kun­di­ges. ’n Sty­ging van meer as dit kan die aar­de in weg­hol­kli­maats­ver­an­de­ring dom­pel.

Vol­gens Na­sa was A­pril se ge­mid­del­de tem­pe­ra­tuur 1,11 ° C bo die ge­mid­del­de vir die he­le 20ste eeu. Maart was 0,36 ° C war­mer as Maart 2010, die vo­ri­ge warm­ste Maart.

E­ric Holt­haus, ’n me­te­o­ro­loog, sê Na­sa se A­pril-da­ta is “angs­wek­kend”.

Hy het die na­week aan The In­de­pen­dent ge­sê: “Ek het nou ’n punt be­reik waar ek nie meer weet wat om vol­gen­de te ver­wag nie. Ons het ge­weet El Niño sal weer­pa­tro­ne be­ïn­vloed, maar ek het nie hier­die (tem­pe­ra- tuur)sprong ver­wag nie.”

Vol­gens Holt­haus het die sty­ging in die ge­mid­del­de tem­pe­ra­tuur “’n ge­wel­di­ge im­pak” op die om­ge­wing. Die af­ge­lo­pe 18 maan­de het min­stens 25% van al­le ko­raal­riw­we weens die hit­te en ver­su­ring (as ge­volg van meer kool­stof­di­ok­sied wat die o­se­a­ne op­neem) ver­bleik.

Hy meen die re­kord­tem­pe­ra­tu­re sal die vol­gen­de vier tot ses maan­de voort­duur voor­dat dit na nor­maal sal te­rug­keer.

We­ten­skap­li­kes is ver­al be­kom­merd oor die sty­ging van tot 6 ° C oor die Noord­pool en 4 ° C oor Ant­ark­ti­ka. In SuidA­fri­ka was die ge­mid­del­de tem­pe­ra­tuur­sty­ging 2 ° C.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.