In­ni­bos droom van­jaar groot

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen

#Droom­groot is die te­ma van van­jaar se In­ni­bos- na­si­o­na­le kuns­te­fees, wat jaar­liks in M­bom­be­la (Nel­spruit) ge­hou word.

Maar An­dy Lub­be, fees­be­stuur­der en sy span, het nooit ge­dink hul droom om ’n paar dui­send men­se na die loods­kon­sert te lok, sou uit­ein­de­lik so­wat 10 000 lok nie.

Die 13de In­ni­bos­fees vind van 29 Ju­nie tot 2 Ju­lie op die sport­ter­rein van Ho­ër­skool Berg­vlam plaas.

Lub­be het by die loods­kon­sert Vry­dag­aand ge­sê hul­le is baie op­ge­won­de oor van­jaar se fees, ver­al in die lig daar­van dat hul­le on­langs die Fi­ës­ta-prys vir die ge­wild­ste A­fri­kaan­se fees in die land ge­wen het.

“Soos dit ’n tie­ner be­taam wat sy skoe­ne ont­groei het, beur ons met blink oë en groot dro­me vo­ren­toe," het hy ge­sê.

Die te­ma #Droom­groot is vol­gens San­dra Ja­cobs, be­mar­kings­di­rek­teur, nie net luk­raak ge­kies nie.

In die aan­loop tot die fees is 13 ge­luk­ki­ge men­se se dro­me be­waar­heid.

“In­ni­bos droom op sy beurt oor die sa­me­koms van kuns­te, om me­kaar se be­kom­mer­nis­se en las­te lig­ter te maak.

“Die fees wil graag ’n ver­skil in men­se se le­we maak,” sê Ja­cobs.

Sy sê die suk­ke­len­de e­ko­no­mie was ’n groot uit­da­ging en daar­om het hul­le die toe­gangs­kaart­jies se prys so laag moont­lik pro­beer hou.

Een van die hoog­te­pun­te van die fees is die RockRu­moer-kom­pe­ti­sie, die eer­ste in sy soort, waar­aan jong bands van oor die land heen deel­neem.

Van die groe­pe wat deur is na die fi­na­le be­oor­de­ling is Dry­wa­ter, Back­sta­ge, Wit Kas­teel, The Unkno­wn en Tuin.

Die be­oor­de­laars, on­der lei­ding van Ka­ren Zoid, sal die bes­te band aan­wys, wat dan in die rock­kon­sert op 30 Ju­nie op die hoof­ver­hoog sal op­tree.

An­dy Lub­be en San­dra Ja­cobs van die In­ni­bos­fees saam met San­dra de Lan­ge, wat R10 000 ge­wen het in die “fên­sie­dresskom­pe­ti­sie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.