Dui­sen­de draf kleur­ryk in Pta

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Dit was koud en nat, maar niks kon die meer as 10 000 be­gees­ter­de Co­lor Run­ners se pret Sa­ter­dag by die Lof­tus Vers­feld-sta­di­on in P­re­to­ria be­derf nie.

In sa­me­wer­king met Ca­pi­tec Bank en die nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie A­dopt-AS­chool het die Co­lor Run on­ge­veer R100 000 in­ge­sa­mel vir ’n be­hoef­ti­ge skool in P­re­to­ria.

Me­gan Wag­ner van die Ca­pi­tec-be­mar­king­span sê die geld gaan ge­bruik word om hoof­saak­lik wis­kun­de en we­ten­skap in die skool te ont­wik­kel.

“Vir el­ke kaart­jie wat ver­koop is, het Ca­pi­tec R10 ge­skenk aan die A­dopt-AS­chool-i­ni­si­a­tief,” sê sy.

Die pret­loop het ’n paar jaar ge­le­de in Suid-A­fri­ka pos­ge­vat.

Deel­ne­mers be­gin in spier­wit T-hem­de en oor die roe­te van 5 km hard­loop of stap hul­le deur ver­skil­len­de “kleur­so­nes”, waar ver­skil­len­de kleu­re poei­er oor hul­le ge­gooi word. 5 km la­ter is hul­le van kop tot to­ne be­smeer in al­le kleu­re van die re­ën­boog. By die kleur­kon­sert daar­na kry hul­le nog ’n paar lae poei­er by.

Wag­ner sê in elk van die tus­sen 10 en 12 ste­de in die land waar die Co­lor Run plaas­vind, sal ’n be­hoef­ti­ge skool ge­ï­den­ti­fi­seer word vir hulp met be­sig­heid­stu­die, wis­kun­de en we­ten­skap.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

’n Sam­breel­tjie vir die re­ën, want niks kan die gees demp nie! Die Co­lor Run is Sa­ter­dag by die Lof­tus Vers­feld­sta­di­on in P­re­to­ria ge­hou. Dui­sen­de men­se het in die re­ën uit­ge­kom om deel te neem in die “ge­luk­kig­ste 5 km­pret­loop ter wê­reld.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.