C­hi­ne­se vis­trei­ler in SA wa­ters aan­ge­keer ná dra­ma ter see

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

Een van ne­ge C­hi­ne­se vis­trei­lers wat van­dees­week on­wet­tig in Suid-A­fri­kaan­se vis­wa­ters was, is eer­gis­ter ná heel­wat dra­ma ter see na die Kaap­stad-ha­we ge­bring.

Die an­der agt het die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye se be­sker­mings­vaar­tuig en an­der wets­toe­pas­sers ont­glip en skuil nou bui­te Suid-A­fri­ka se ge­bieds­wa­ters.

As ge­volg van mis­ti­ge weers­toe­stan­de is die trei­ler eer­gis­ter net voor mid­dag­e­te by die ha­we in­ge­sleep, hoe­wel die wets­toe­pas­sers dit reeds ure vroe­ër aan­ge­keer het.

“Die trei­ler, Lu Hu­ang Yu­an Yu, met die re­gis­tra­sie­nom­mer 186, is Sa­ter­dag (eer­gis­ter) net voor 12:00 na die Kaap­stad- ha­we ge­bring.

“Ons het geen vis op die trei­ler ge­kry nie, maar wel toe­rus­ting om vis te vang. Daar was ook ne­ge be­man­nings­le­de aan boord. Vol­gens hul­le sou hul­le by die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go (DRK) gaan vis­vang en het hul­le glo per­mit­te om dit te doen,” het Bo­mi­ka­zi Mo­la­po, woord­voer­der van die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, ge­sê.

Die trei­lers is al­mal on­der die Lu Hu­ang Yu­an Yu-han­dels­merk ge­re­gis­treer en is vroe­ër ver­le­de week op­ge­merk waar hul­le na­by Port Ed­ward in ’n kon­vooi suid­waarts na die Oos-Kaap ge­vaar het. Hul­le was in die rig­ting van Vo­ëlei­land op pad.

Die de­par­te­ment se pa­trol­lie­boot is toe ont­plooi, maar kon weens row­we see­toe­stan­de nie aan boord van die vis­trei­lers kom nie.

“Daar is deur mid­del van ra­dio met die be­man­ning van die bo­te kon­tak ge­maak. Daar is aan ons ge­sê die ne­ge vis­trei­lers is van C­hi­na af­koms­tig en on­der­weg na die DRK. Die trei­lers is nuut en glo be­stem vir ’n vis­maat­skap­py in An­go­la.

“Ons man­ne het geen re­de ge­had om hul­le te ver­dink nie en het die trei­lers laat voort­vaar langs die kus, hoe­wel ons hul be­we­gings dop­ge­hou het,” het Sen­ze­ni Zokwa­na, mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, eer­gis­ter ge­sê.

Toe die trei­lers na­by die SuidKaap kom, het hul­le twee vlo­te ge­vorm en in ver­skil­len­de rig­tings ge­vaar. “Dit het ons ag­ter­dog­tig ge­maak en die trei­lers is Don­der­dag­mid­dag voor­ge­keer en be­veel om die naas­te ha­we aan te doen.”

Die be­man­ning op die trei­lers het eers hul vol­le sa­me­wer­king ge­gee, maar het dit la­ter ge­staak en ge­sê hul­le kom­mu­ni­keer met die ei­e­naar van die nu­we trei­lers.

“Hul­le het toe hul en­jins heel­te­mal af­ge­ska­kel tot ná sons­on­der­gang en daar­na teen ’n spoed na die wes­te be­gin vaar. Hul­le het ook hul op­spo­rings­toe­stel­le af­ge­ska­kel.”

Die de­par­te­ment se vaar­tuig het die trei­lers, wat in ver­skil­len­de rig­tings ge­vaar het, ag­ter­na­ge­sit en eer­gis­ter­og­gend een aan­ge­keer.

Die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens het in­tus­sen ook be­kend ge­maak dat die be­man­ning van die trei­ler wat aan­ge­keer is ’n boe­te van R8 000 op­ge­lê is weens oor­tre­dings in­ge­vol­ge wet­ge­wing oor ta­bak en si­ga­ret­te.

Die po­li­sie on­der­soek ook ’n klag wat ver­band hou met die on­ge­son­de en on­mens­li­ke ma­nier waar­op hon­de aan boord ge­hou is. “Ons het ’n dos­sier ge­o­pen waar­by dié klag ge­voeg sal word. So­dra al­les af­ge­han­del is, sal die dos­sier na die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag ver­wys word,” lui die ver­kla­ring.

Die Lu Hu­ang Yu­an Yu 186 word eer­gis­ter na die Kaap­se ha­we be­ge­lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.