Zu­ma­fak­sie ‘speel Rus­sie­se rou­let­te met SA’ oor Gord­han

Beeld - - Nuus - Pie­ter S­teyn en El­vi­ra Wood

Die Zu­ma-fak­sie in die ANC speel Rus­sie­se rou­let­te met Suid-A­fri­ka.

Die be­weer­de plan­ne om Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, en oud­mi­nis­ter T­re­vor Ma­nu­el te laat ar­res­teer oor die so­ge­naam­de “ro­gue u­nit” in die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) spruit moont­lik uit ’n po­li­tie­ke mag­spel tus­sen die twee ANC-fak­sies, meen T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-Universiteit.

Hy sê dit is moont­lik ’n po­ging van pres. Ja­cob Zu­ma om die 783 kor­rup­sie­aan­klag­te teen hom te sy­stap wat die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria be­vind het her­in­ge­stel moet word.

“Dit is hoe Zu­ma te werk gaan. Die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) moet nou die klag­te teen Zu­ma her­in­stel. Ag­ter die skerms word daar nou ge­kon­kel en Gord­han word prak­ties as gy­se­laar aan­ge­hou deur te sê: ‘Ons sal die klag­te teen jul­le (Gord­han, Ma­nu­el en die res) laat vaar, maar dan laat vaar ons die klag­te teen Zu­ma.’ ”

Ven­ter sê as Gord­han ge­ar­res­teer word, sal dit ge­wel­di­ge on- se­ker­heid skep wat tot die in­een­stor­ting van die land se e­ko­no­mie sal lei.

“Gord­han weet dit en sal dit waar­skyn­lik wil ver­hoed. Die Zu­ma-fak­sie is be­sig om Rus­sie­se rou­let­te met Suid-A­fri­ka te speel.”

Da­wie Roodt, hoof­e­ko­noom van Ef­fi­cient Group, sê die mark­te ver­trou Gord­han en sal “vir se­ker uit­bom” as hy ver­wy­der word as mi­nis­ter van fi­nan­sies – of hy nou ge­ar­res­teer word, af­ge­dank word of be­dank.

“Die e­nig­ste ma­nier waar­op Zu­ma van Gord­han ont­slae kan raak son­der dat hy die ‘skuld’ daar­voor kry, is as die Val­ke ‘iets’ oor Gord­han het wat Zu­ma gaan ‘dwing’ om op te tree.

“Maar die pu­bliek en be­leg­gers is nie on­no­sel nie. Hul­le sal weet Zu­ma sit daar­ag­ter.”

Hy sê as Zu­ma op so ’n wy­se van Gord­han ont­slae raak, sal die grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie in Suid-A­fri­ka prak­ties nie meer be­staan nie.

“As Zu­ma weg­kom hier­mee, is ons prak­ties on­der ’n dik­ta­tor­skap. Dan geld die re­des waar­om Moody’s nie ons kre­diet­gra­de­ring aan­ge­pas het nie, nie meer nie. S­tan­dard & Poor’s en an­der kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap­pe sal on­mid­del­lik be­gin ver­ga­der en rom­mel­sta­tus is dan on­ver­my­de­lik. Zu­ma is ons nom­me­reen-pro­bleem. Hy moet ver­wy­der word.”

In­dien Gord­han ge­ar­res­teer word, kan dit ’n t­wee­de “Ne­ne­ga­te” vir Suid-A­fri­ka wees, sê Mi­ke S­chüs­sler, hoof­e­ko­noom van E­co­no­mis­ts.co.za.

Die be­we­ring self kan ’n reu­se-im­pak op die rand, Suid-A­fri­ka se staats­ef­fek­te en die aan­de­le­mark hê.

As al die be­trok­ke par­tye die be­we­ring nie teen van­dag ont­ken nie, gaan daar groot pro- ble­me wees, sê hy.

Die blo­te be­we­ring kan die­self­de im­pak op die mark­te hê as wat Zu­ma se af­dan­king van Nhlanhla Ne­ne as mi­nis­ter van fi­nan­sies in De­sem­ber ge­had het.

Die rand het in die 48 uur ná dié aan­kon­di­ging met meer as 8% teen­oor die dol­lar ge­tui­mel.

Sou die rand van­dag teen die­self­de koers ver­swak, sal dit van­dag op R16,70 teen­oor die dol­lar te staan kom.

In die 48 uur ná die aan­kon­di­ging het die op­brengs­koers van R186-staats­ef­fek­te van 8,74% tot 10,40% op­ge­skiet en die JSE se in­deks van al­le aan­de­le van 49 523 tot 48 067 pun­te ge­val.

Dit het by­ge­dra tot die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie (OBK) se ver­lies van R100 mil­jard in die 48 uur. Die OBK be­lê hoof­saak­lik staatsamptenare se pen­si­oen­geld.

“Waar­oor men­se baie be­kom­merd moet wees, is dat die Re­ser­we­bank se mo­ne­tê­re-be­leids­ko­mi­tee Don­der­dag ’n be­sluit oor die ren­te­koers moet neem.

“As die rand en mark­te erg ska­de ly weens hier­die be­we­rings, kan dit nog ver­der uit­kring as net die rand wat ver­swak,” waar­sku S­chüs­sler.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.