Ver­keer erg ont­wrig deur JZ en sy ge­volg

Beeld - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Ver­keer het eer­gis­ter­og­gend op die N8 by Bloem­fon­tein tot ’n al­ge­he­le stil­stand ge­kom toe ver­keers­be­amp­tes die pad ge­sluit het so­dat pres. Ja­cob Zu­ma en sy ge­volg kon ver­by­kom.

Ver­keers­be­amp­tes het dié pad 10 km bui­te Bloem­fon­tein ge­sluit en dit het tus­sen 11:00 en 12:00 ’n groot ver­keers­knoop ver­oor­saak.

Hul­le was op pad na die pro­vin­si­a­le ma­ni­fes­be­kend­stel­ling die na­week in die Kai­zer Se­bot­he­lo-sta­di­on in Bots­ha­be­lo.

Die ver­keer het teen ’n slak­ke­gang be­weeg en som­mi­ge ge­frus- treer­de pad­ge­brui­kers het na Bloem­fon­tein te­rug­ge­keer na­dat hul­le lan­ger as ’n uur in die ver­keer ge­sit het.

Hi­la­ry Mop­het­he, woord­voer­der van die Vry­staat­se de­par­te­ment van po­li­sie, paaie en ver­voer, het Volks­blad ver­wys na die kan­toor van die pre­mier en ge­sê dit is ’n pro­to­kol­kwes­sie.

Mop­het­he het ge­sê die kan­toor van die pre­mier het Zu­ma se ver­voer na die sta­di­on han­teer en is daar­om in ’n be­ter po­si­sie om kom­men­taar te le­wer.

Ti­is­et­so Mak­he­le, woord­voer­der van die kan­toor van die pre­mier, het ge­sê hy sal on­der­soek in­stel na die saak.

P­ho­to: SEL­LO­A­NE K­HA­LA­NE

Ver­keer het eer­gis­ter­og­gend et­li­ke ki­lo­me­ters ver op­ge­hoop as ge­volg van die ty­de­li­ke slui­ting van die N8 na T­ha­ba N­chu weens pres. Ja­cob Zu­ma en sy ge­volg se reis na die Kai­zer Se­bot­he­lo­sta­di­on in Bots­ha­be­lo waar die pro­vin­si­a­le ma­ni­fes die na­week be­kend ge­stel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.