Af­ge­bran­de sko­le kry mo­bie­le klas­ka­mers

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Mo­bie­le klas­ka­mers sal in die loop van van­dag by die af­ge­bran­de sko­le in die Vu­wa­ni-om­ge­wing in Lim­po­po af­ge­le­wer word ter­wyl klas­se weer be­gin.

24 sko­le het die laas­te tyd deur­ge­loop in ge­weld­da­di­ge be­to­gings teen die be­sluit dat Vu­wa­ni ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Au­gus­tus ’n mu­ni­si­pa­li­teit met Ma­la­mu­le­le sal moet deel.

“Die de­par­te­ment en po­li­sie werk daar­aan om die kom­mer oor kin­ders se vei­lig­heid te ver­lig,” sê Ma­to­me Rap­hasha, se­kre­ta­ris van die Suid-A­fri­kaan­se De­mo­kra­tie­se On­der­wy­sers­u­nie (Sa­dou) in Lim­po­po.

“Maar klas­ka­mers sal af­ge­laai word en skool­werk sal ho­pe­lik voort­gaan.”

Li­vhu­wa­ni Sit­ho­le, hoof van die V­hu­d­za­ni Se­con­da­ry S­chool, sê hul­le het al­les in die brand ver­loor.

“Ek weet nie eens waar om te be­gin nie. Al­le do­ku­men­te is ver­brand en ons sal van voor af moet be­gin.”

Sy sê hul­le het die klas­se gis­ter­mid­dag skoon­ge­maak en hoop dat die skool van­dag kan her­o­pen.

“Maar ons kan nie ’n nor­ma­le skool­dag ver­wag as daar nie vei­lig­heids­maat­re­ëls is nie.”

Sit­ho­le sê ’n plan om skool­werk in te haal is nog nie op­ge­stel nie.

“Al wat ek nou kan doen, is om die on­der­wy­sers te mo­ti­veer om har­der te werk en ek­stra moei­te te doen. Daar sal waar­skyn­lik ek­stra tyd of kam­pe wees, maar dit sal ’n kol­lek­tie­we oor­een­koms wees.”

Sit­ho­le sê hul­le is nie eens se­ker of die leer­lin­ge gaan op­daag nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.