Har­ley­ry­ers sa­mel kom­ber­se vir kin­ders in

Beeld - - Nuus - Nom­bu­le­lo Ma­ny­a­na

Die blyd­skap op kin­ders se ge­sig­te is die re­de waar­om ’n Har­ley-Da­vid­son-groep van Gau­teng die af­ge­lo­pe ne­ge jaar kom­ber­se in­sa­mel.

De­an Ad­di­son, di­rek­teur van die Jo­han­nes­burg­se Har­ley Da­vid­son-af­de­ling, sê as ’n mens sien wat­ter ver­skil die kom­ber­se in men­se se le­we maak, “wil jy net meer help”. Hy het tien kom­ber­se ge­skenk by die kom­ber­se-vir-kin­ders-rit wat Har­ley Da­vid­son-ei­e­naars gis­ter by Nel­son Man­de­la-plein in Sand­ton ge­hou het.

Die pro­jek groei by die jaar, sê Ad­di­son. “Dit het be­gin in ’n koue win­ter, met 11 men­se van die Jo­han­nes­burg­se af­de­ling wat be­sluit het om kom­ber­se op straat aan min­der­be­voor­reg­te men­se uit te deel.”

Die or­ga­ni­sa­sie ver­koop ook kom­ber­se aan­lyn en by die saam­trek in Sand­ton. Die vol­le wins word ge­bruik om meer kom­ber­se te koop. Die kom­ber­se word aan ver­skeie lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sies ge­skenk, sê Lin­da K­rie­de­mann, se­kre­ta­res­se van die Jo­han­nes­burg­se Har­leyDa­vid­son-af­de­ling.

Ver­le­de jaar het hul­le 3 500 kom­ber­se in­ge­sa­mel wat aan kin­ders, ge­sin­ne en die­re in nood ge­skenk is.

K­rie­de­mann sê men­se het ’n wan­be­grip van mo­tor­fiets­ry­ers.

“Hul­le is die vry­ge­wig­ste men­se wat ek al ooit ont­moet het. Hul­le is eint­lik groot ted­die­be­re.”

Fo­to: MARY­ANN PALMER

De­an Ad­di­son, di­rek­teur van die Jo­han­nes­burg­se Har­ley Da­vid­s­o­n­af­de­ling, met sy sken­king vir die kom­ber­se­vir­kin­ders­pro­jek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.