Hul­le help meer as 150 arm Pta­huis­hou­dings

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Aan­vank­lik was dit ’n sop­kom­buis om Wol­mer se men­se te help, maar dees­dae on­der­steun Tshwa­ne North Outre­ach meer as 150 huis­hou­dings in dié P­re­to­ri­a­se voor­stad.

Dié nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie het ook ’n gr. R-klas vir so­wat 140 kin­ders op sy per­seel.

Genl. Piet Vil­joen en sy vrou, Jo­an, het in 1996 be­gin om sop en brood aan die arm ge­meen­skap te gee. Hul­le het nie ’n ge­bou ge­had waar­uit hul­le kon werk nie en boon­op was hul­le “nie al­tyd wel­kom op se­ke­re plek­ke nie”.

Vil­joen het toe ’n hui­sie in Ba­ken­kloof­straat in Wol­mer by die Tshwa­ne-me­tro ge­huur ge­kry waar die Wol­mer-ge­meen­skaps­pro­jek tot stand ge­kom het. Van­dag is dit be­kend as Tshwa­ne North Outre­ach.

S­te­phen Nell, be­stuur­der, sê die or­ga­ni­sa­sie help met on­der meer huis­werk, kos en kle­re. “Huis­hou­dings moet aan se­ke­re kri­te­ria vol­doen om by ons te kan re­gis­treer. In­spek­sies word ge­doen om se­ker te maak ’n huis­hou­ding het die on­der­steu­ning no­dig.”

Mots­we­di wa Lerato (Tswa­na vir “fon­tein van lief­de”), is in 1999 ge­stig as die or­ga­ni­sa­sie se uit­reik­vleu­el. Die or­ga­ni­sa­sie bied hulp in Gau­teng­se ge­bie­de, soos Ga-Ran­ku­wa, Sos­han­gu­ve, Ma­bo­pa­ne, Win­ter­veldt, Ham­mans­kraal en S­tink­wa­ter, en in on­der meer K­lip­gat, Ce­lu­ki en K­got­hatsa­nang in Noord­wes.

) Men­se wat ’n by­drae kan le­wer, kan Nell by 012 565 6332 bel of e-pos stuur na wol­mer@tel­kom­sa. net of ste­phen­nell7@gmail.com.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.