Sek­su­e­le uit­bui­ting van kin­ders styg wê­reld­wyd

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

Sek­su­e­le uit­bui­ting van kin­ders in die reis- en toe­ris­me­be­dryf het die laas­te paar jaar o­ral ter wê­reld skerp toe­ge­neem.

So is in ’n twee jaar lan­ge s­tu­die deur E­cpat, ’n in­ter­na­si­o­na­le or­ga­ni­sa­sie teen kin­der­pros­ti­tu­sie, kin­der­por­no­gra­fie en die smok­kel van kin­ders vir seks­doel­ein­des, be­vind. Die s­tu­die is van­dees­week op S­tel­len­bosch be­kend ge­stel.

63 in­ter­na­si­o­na­le or­ga­ni­sa­sies het aan die s­tu­die ge­werk en by­dra­es ge­le­wer.

Die s­tu­die het be­vind dat oor­tre­ders nie meer wit, We­ster­se en ryk mid­del­ja­ri­ge mans is nie. “Dit is nie meer jou ti­pie­se oor­tre­der nie. Die oor­tre­ders kan plaas­lik of van an­der lan­de wees. Hul­le kan jonk of oud wees. Van hul­le is pe­do­fie­le, maar die mees­te is nie,” lui die s­tu­die.

Vol­gens die s­tu­die is die mees­te oor­tre­ders “om­stan­dig­heids­oor­tre­ders”. “Dit is men­se wat kin­ders uit­buit om­dat hul­le ’n kans sien en dink dat hul­le daar­mee gaan weg­kom.” Die s­tu­die het in SuidA­fri­ka ver­al ge­fo­kus op die aan­mel­ding, in­gry­ping en be­skik­ba­re diens­te vir slag­of­fers van kin­der­pros­ti­tu­sie, kin­der­por­no­gra­fie en die smok­kel van kin­ders. Vir die s­tu­die is C­hild­li­ne Suid-A­fri­ka se in­lig­ting van 2014 en 2015 ge­bruik.

“97% van al­le voor­val­le was deel van kin­der­pros­ti­tu­sie en sek­su­e­le uit­bui­ting. 2% het ver­band ge­hou met die smok­kel van kin­ders vir seks­doel­ein­des en 1% met kin­der­por­no­gra­fie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.