Seun moor man glo oor sel­foon

Beeld - - Nuus - – Ren­eil­we Dhludhlu

’n Seun (17) het ’n 29-ja­ri­ge man van B­ly­de­vil­le, Lich­ten­burg, glo met ’n krie­ket­kolf oor die kop ge­slaan tot­dat hy dood is.

Hul­le het glo Don­der­dag oor ’n ge­steel­de sel­foon ge­stry.

Dis on­dui­de­lik wie se foon dit was, sê kol. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, woord­voer­der van die po­li­sie in Noord­wes.

Daar kan nie meer oor die voor­val ge­sê word nie om­dat dit die on­der­soek kan be­lem­mer.

Die seun is die­self­de dag in heg­te­nis ge­neem en on­der sy ou­ers se toe­sig vry­ge­laat. Hy sal na ver­wag­ting van­dag in die land­dros­hof in Lich­ten­burg ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.