Baie ver­soe­ke, geen hulp

Beeld - - Tot u diens -

Lin­da Butt­ner het pro­ble­me ge­had met Tel­kom se diens.

“Ek suk­kel al maan­de lank met my te­le­foon. Ek het die pro­bleem on­der Tel­kom se aan­dag ge­bring, maar hul­le het my nog nie ge­help nie.

“Ek het al op­hou tel hoe­veel keer ek by die plaas­li­ke Tel­kom-win­kel gaan hulp soek het.

“Ene Moyo het in ’n sta­di­um ge­sê my foon is her­stel, maar dit was nie die ge­val nie. Sy het na­dat ek vir haar ge­sê het my foon is steeds stuk­kend be­lo­we ’n teg­ni­kus sal my bin­ne­kort be­soek. Hy het nooit op­ge­daag nie. O­proe­pe aan Tel­kom se kli­ën­te­diens het ook tot niks ge­kom nie.”

Tot u Diens het Butt­ner se klag­te on­der Tel­kom se aan­dag ge­bring. Sy sê haar foon werk nou weer soos dit moet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.