Wen­ke wat werk

Beeld - - Tot u diens -

Hoe­wel ons nog in die eer­ste helf­te van 2016 is, meen Sa­lem Dy­af­ta van Tran­sU­ni­on dat ver­brui­kers nou reeds vir die Kers­tyd moet be­gin spaar.

“Baie men­se be­taal nou nog skuld van 2015 se Kers­tyd af,” sê sy. “Om 2017 nie met ’n klomp skuld te be­gin nie, moet ’n mens nou reeds vir die ein­de van hier­die jaar be­gin spaar.”

Dy­af­ta se wen­ke om vir De­sem­ber 2016 voor te be­rei is die vol­gen­de: ) Maak se­ker waar­op jy maan­de­liks geld span­deer en wees re­a­lis­ties oor hoe­veel jy in De­sem­ber be­skik­baar sal hê om te span­deer. ) Be­plan nou reeds jou ge­skenk­lys en be­sluit hoe­veel jy op el­ke mens op die lys gaan span­deer. ) Pro­beer uit­ga­wes oor ’n aan­tal maan­de ver­sprei om dus nie op een slag ’n klomp geld hoef uit te gee nie. ) Waar moont­lik koop vroeg­ty­dig ge­sken­ke wan­neer dit teen goeie pry­se be­kom­baar is. ) Spaar vir jou­self. Sit nou reeds geld weg vir ver­maak­lik­heid in De­sem­ber. Bou ook ’n spaar­e­le­ment in jou be­plan­ning in vir on­voor­sie­ne om­stan­dig­he­de soos me­die­se uit­ga­wes of her­stel­werk aan jou voer­tuig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.