Ei­sers wil Zu­ma laat se­kwe­streer

Maar hy wend hom dalk tot kon­sti­tu­si­o­ne­le hof

Beeld - - Sake - JJ van Wyk

Jo­han­nes­burg. – K­hu­lu­bu­se Zu­ma kan dalk net al­leen met die Aurora-sak pa­tats van mil­joe­ne sit.

Dit is te be­twy­fel of sy me­de­di­rek­teu­re en kon­sul­tan­te veel sal kan op­dok, re­ken Gi­de­on du P­les­sis, hoof­se­kre­ta­ris van So­li­da­ri­teit.

Hof­stuk­ke vir Zu­ma se se­kwe­stra­sie is deur die li­kwi­da­teurs van die Pa­mo­d­zi-myn­groep voor­be­rei en die aan­soek­pro­ses sal van­dees­week be­gin.

Die stuk­ke word op sy reg­span be­stel om­dat sy huis­a­dres nie op­ge­spoor kan word nie, is aan Sa­ke ge­sê.

Die li­kwi­da­teurs en So­li­da­ri­teit is van die ei­sers wat hul tan­de slyp na­dat K­hu­lu­bu­se, broers­kind van pres. Ja­cob Zu­ma, twee Aurora-me­de­di­rek­teu­re, Zond­wa Man­de­la, klein­seun van Nel­son Man­de­la, en T­hu­la­ni N­gu­ba­ne, as­ook twee kon­sul­tan­te, se aan­soek om ver­lof tot ap­pèl ver­le­de week deur die ap­pèl­hof van die hand ge­wys is.

Hul­le wou op ap­pèl kap­sie maak teen ’n vroe­ë­re hoog­ge­regs­hof­uit­spraak deur reg­ter E­ber­hard Ber­tels­mann wat be­slis het dat die vyf­man­skap in hul per­soon­li­ke hoe­da­nig­heid aan­spreek­lik ge­hou mag word vir ska­de en ei­se wat voor­spruit uit Aurora se “roe­ke­lo­se” be­stuur van die Pa­mo­d­zi-myn­ba­tes.

Du P­les­sis sê dit sal hom nie ver­baas as K­hu­lu­bu­se met ’n skik­kings­aan­bod vo­ren­dag kom om moont­li­ke se­kwe­stra­sie te voor­kom nie. Hy het reeds vroeer ’n R20 mil­joen-skik­king ge­op­per, al­dus Du P­les­sis.

Aan­soek is reeds ge­doen vir die se­kwe­stra­sie van die twee kon­sul­tan­te, die pa en seun Sul­li­man en Fa­zel B­ha­na, na­dat hul­le ’n skik­king van R10 mil­joen aan­ge­bied, maar nie be­taal het nie.

Ein­de ver­le­de week het die stra­te­gie van die op­po­nen­te dui­de­li­ker be­gin uit­speel, met die ei­sers wat hul­le op K­hu­lu­bu­se toe­spits – met ’n eis van meer as R5 mil­joen se regs­kos­te en se­kwe­stra­sie as eer­ste sal­vo.

Die ver­weer­ders het wal ge­gooi deur te fo­kus op die sta­tus van die ei­se – of dit be­wys is of nie.

K­hu­lu­bu­se se woord­voer­der, Vuyo Mk­hi­ze, het ge­sê aan­spra- ke dat ei­se teen Zu­ma en kie “be­wys” is, is voor­ty­dig en on­ge­grond.

Selfs die regs­kos­te, wat vol­gens John Wal­ker, pro­ku­reur van die li­kwi­da­teur, meer as R5 mil­joen kan be­loop, moet nog ge­tak­seer word.

“Na ons me­ning is aan­spra­ke deur So­li­da­ri­teit en die li­kwi­da­teur dat e­ni­ge ei­se be­wys en on­mid­del­lik ver­haal­baar is, vals.

“Zu­ma sal Maan­dag met sy reg­span ver­ga­der om te be­sluit oor die pad vo­ren­toe,” het hy ge­sê. Dit sluit on­der meer in die moont­lik­heid om hom tot die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof te wend, het Mk­hi­ze ge­sê

Ook uit die N­gu­ba­ne-regs­kamp was die re­frein: Geen eis is be­we­se.

Op die vraag of die des­tyd­se op­tre­de van die Aurora-di­rek­teu- re nie eint­lik maar op ba­te­stro­ping neer­kom nie, is Sa­ke deur ’n N­gu­ba­ne-regs­woord­voer­der daar­op ge­wys dat hy R20 mil­joen van sy eie geld in die on­der­ne­ming be­lê het.

Dit is vreemd dat hy as nie­uit­voe­ren­de di­rek­teur reg­streeks deur die hof ver­ant­woord­lik ge­hou word vir die fi­as­ko, is ge­sê.

K­hu­lu­bu­se Zu­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.