S­taal jou vir nóg pyn met brand­stof­prys

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – Nóg duur­der pe­trol en die­sel is waar­skyn­lik jou voor­land in Ju­nie.

Maar voor­dat jy be­lê in ’n dikwiel­fiets met ’n mand­jie waar­in jy jou in­ko­pies kan pak, daar is da­rem ’n lig­straal­tjie.

Pe­trol sal steeds na­ge­noeg R1,50 per li­ter goed­ko­per wees as op die hoog­te­punt van R14,39 (bin­ne­lands) of R13,98 (aan die kus) wat in A­pril 2014 be­haal is.

Die­sel sal steeds in die om­ge­wing van R2,50 per li­ter goed­ko­per wees as die hoog­te­punt van R13,39 (bin­ne­lands) of R13,12 (aan die kus) van Maart 2014.

Die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds se mid­del-van-die-maand-sy­fers dui daar­op dat die pe­trol­prys met tus­sen 17c en 18c per li­ter sou moes styg as dit nou vas­ge­stel word. Die­sel sou 39c per li­ter duur­der moes word.

Daar is nog twee we­ke oor waar­in die rand-dol­lar-wis­sel­koers en in­ter­na­si­o­na­le o­lie­pry­se dié prent­jie kan ver­an­der, en al­bei dié be­pa­len­de fak­to­re is be­son­der wis­sel­val­lig.

Die rand swaai mak­lik met tus­sen 30c en 50c per dag teen­oor die dol­lar, wat jou baie dap­per maak as jy raai waar die rand oor twee we­ke sal staan.

Die o­lie­prys swaai mis­kien nie so­veel nie, maar dit bly moei­lik om die ten­dens te be­paal weens teen­stry­di­ge nuus oor die o­lie­voor­raad en o­lie­pro­duk­sie.

Die prys word op­ge­druk deur vrae oor pro­duk­sie in on­der meer Ni­ge­rië, Li­bië en Ka­na­da en aan­dui­dings dat die vraag styg, en die feit dat die op­ge­berg­de voor­raad in die VSA aan die daal is.

B­rent-ru­o­lie het Vry­dag in ’n band van tus­sen $47,26 en $48,12 per vat ver­han­del, wat his­to­ries ge­spro­ke steeds baie laag is, maar baie na­by is aan die hoog­te­punt vir 2016 van $48,50 per vat.

In­tus­sen sal ’n trap­fiets jou waar­skyn­lik goed doen, of hoe?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.