Re­a­li­teit en be­leid trek in twee rig­tings

Beeld - - Sakenuus - Jo­han Wil­lem­se Prof. Jo­han Wil­lem­se is ’n land­bou­e­ko­noom aan die Universiteit van die Vry­staat en ’n vo­ri­ge wen­ner van Sa­ke se E­ko­noom van die Jaar­wed­stryd.

Die re­ge­ren­de ANC-al­li­an­sie is oor­be­kend vir wet­te en al­ler­lei be­leids­maat­re­ëls wat op grond­vlak en in die e­ko­no­mie on­deur­dag­te ne­ga­tie­we ge­vol­ge het – dik­wels die teen­oor­ge­stel­de van wat die wet/re­gu­la­sie se be­doe­ling was.

Een van die groot ne­we­ge­vol­ge hier­van is groei­en­de werk­loos­heid.

Die land­bou gee ook ’n baie goeie voor­beeld van die ne­we­ge­vol­ge van die hui­di­ge be­leids­be­na­de­rings.

Re­ge­rings­be­leid is daar­op ge­mik om die hor­lo­sie te­rug te draai na staats­be­sit en die kom­mu­na­le be­sit van land­bou­grond waar­op be­staans­boer­de­ry en klein­boer­de­ry be­dryf moet word.

Kom­mer­si­ë­le land­bou is uit­ge­le­wer aan mark­krag­te, plaas­lik en in­ter­na­si­o­naal, wat tot ge­volg het dat boer­de­rye al hoe gro­ter word om die moei­li­ke om­stan­dig­he­de die hoof te bied.

Die re­a­li­teit is sterk in teen­stel­ling met die jong­ste be­leid wat die re­ge­ren­de al­li­an­sie wil deur­voer om per­ke te plaas op boer­de­ry­groot­tes!

Die jong­ste prut­pot van ver­an­de­ring in die kom­mer­si­ë­le land­bou is die melk­be­dryf. Klei­ner en mid­del­slag­melk­boe­re ver­laat die be­dryf daag­liks. Die gra­fiek toon die ten­dens van ’n krim­pen­de ge­tal melk­boe­re ter­wyl die to­ta­le pro­duk­sie styg.

Se­dert Ja­nu­a­rie 2008 het die ge­tal melk­boe­re met by­kans die helf­te ge­daal. Dit be­te­ken dood­ge­woon daar is nie meer plek vir klei­ner melk­boe­re nie en dié wat oor­bly moet al hoe meer pro­du­seer en gro­ter word in ’n po­ging om ne­ga­tie­we be­leids­maat­re­ëls en mark­krag­te teen te werk.

Met dié dat so­veel melk­boe­re die hand­doek in­gooi en hul ba­tes ver­koop, ver­haal hul­le net ’n frak­sie van die oor­spronk­li­ke be­leg­ging. Kud­des van uit­ste­ken­de ge­ne­ti­ka wat oor de­ka­des op­ge­bou is, word slag­pa­le toe ge­stuur, want daar is bit­ter min wat kans sien om die melk­koeie te koop.

Die kans dat dié boe­re gaan her­toe­tree tot die be­dryf is mi­ni­maal, nog min­der dat klein­skaal­se op­ko­men­de boe­re suk­ses­vol die on­der­ne­mings kan oor­neem.

Die vol­gen­de is en­ke­le knel- pun­te in die hui­di­ge stand van die melk­be­dryf:

) Die prys­ga­ping tus­sen wat die boer vir sy vars melk kry (dit wis­sel tus­sen R4,20 en R4,80 per li­ter) teen­oor die win­kel­rak­prys wat ná ver­pak­king en wins­mar­ges so­wat R12 tot R14 per li­ter is, word vin­nig gro­ter.

Lang­le­we­melk van ’n lae ge­hal­te is ’n ruk ge­le­de deur een su­per­mark­groep op groot skaal in­ge­voer (on­der die waan dat hier te­kor­te is). Dit het baie melk­boe­re ge­laat met melk­ko­pers wat hul aan­koop­kon­trak­te ge­kan­sel­leer het of pry­se ver­der ver­laag het. Toe­val­lig is dit die­self­de groep wat spog oor al sy in­ge­voer­de kaas.

) Voer­kos­tes het ook skerp ge­styg weens die 1-in-100-jaar­droog­te, in so ’n ma­te dat baie melk­boe­re tans op ’n ne­ga­tie­we voer­mar­ge werk en hoop dat hul­le die si­klus sal oor­leef.

Voer­pry­se het met so­wat 66% ge­styg se­dert De­sem­ber 2014 se laag­te­punt tot A­pril 2016. Hier­teen­oor het melk­pry­se ge­mid­deld vir die boer met net so­wat 10% ge­styg. Min melk­boe­re kan die kos­te­sty­gings ab­sor­beer en daar vind tans ’n ver­de­re groot af­ska­ling plaas.

) Die klein­han­del­voed­sel­mark word oor­heers deur ba­sies vier su­per­mark­groe­pe wat vol­gens na­vor­sing so­wat 80% van die mark voor­sien.

Hul mark­krag met aan­koop­be­leid is wel­be­kend om ver­skaf­fers sta­dig maar se­ker in ’n doods­greep te kry. Klei­ner win­kels in dor­pe en towns­hips word uit die mark ge­druk met die ge­paard­gaan­de ver­lies aan werk­ge­leent­he­de en en­tre­pre­neu­rie­se ak­ti­wi­teit.

) Die ver­wer­king van land­bou­pro­duk­te word toe­ne­mend ge­doen deur ’n klei­ner wor­den­de ge­tal voed­sel­ver­wer­kers – in dié ge­val melk­ver­wer­kers en -ver­sprei­ders. Jy kry nie jou pro­duk som­mer op ’n su­per- mark­rak nie ten­sy jy op groot skaal kan voor­sien en meest­al land­wyd. Die mees­te plat­te­land­se kaas- en bot­ter­fa­brie­ke het in die laas­te aan­tal ja­re ge­sluit.

Kyk ge­rus by eet­plek­ke waar kom die klein ver­pak­kings bot­ter van­daan – meest­al Eu­ro­pa.

Klein kaas­ma­kers word ver­ban na so­ge­naam­de klein voed­sel­mark­te en boe­re­mark­te op dor­pe. Dit ter­wyl na­vor­sing wys dat ons melk pro­du­seer teen ’n kos­te wat in die goed­koop­ste kwart van die wê­reld se pro­du­sen­te val – dui­de­lik is hier groot mark­struk­tuur­pro­ble­me.

) Die ver­de­re re­a­li­teit is dat die melk­ko­per/-ver­wer­ker nie soos vroe­ër ja­re op sy melk-op­laai-roe­te al die boe­re se melk koop en op­laai nie. Die toe­stand van die pad speel na­tuur­lik ’n rol. Hul­le wil net na een boer gaan en daar ’n 30 000-li­ter-ten­ker vol­maak. Die ge­volg is dat hul­le dood­ge­woon klei­ner boe­re se kon­trak­te kan­sel­leer of hul­le heel­wat min­der per li­ter aan- bied as vir die gro­ter melk­boe­re.

Dit ver­snel die uit­fa­se­ring van klei­ner pro­du­sen­te. Die gra­fiek wys hoe die ge­tal melk­boe­re die af­ge­lo­pe de­ka­de ge­daal het ter­wyl pro­duk­sie groei. Blyk­baar is ’n e­ko­no­mie van skaal nood­saak­lik om te bly voort­be­staan.

) Die norm is dees­dae dat ’n melk­kud­de na­der aan 1 000 koeie in melk moet wees. Dit verg groot be­leg­gings in ge­ou­to­ma­ti­seer­de melk­stal­le en daar is nou selfs mel­ke­rye wat ten vol­le ge­ou­to­ma­ti­seer is en waar koeie met ro­bot­te ge­melk word. Die re­a­li­teit is dus: ) Die re­ge­ring wil klein­skaal­se en be­staans­boe­re ves­tig op grond wat vir die boer geen se­ku­ri­teit gee vir fi­nan­sie­ring nie, want hy kry nie ei­en­doms­reg nie. Kom­mer­si­ë­le boe­re word al hoe min­der, maar al hoe gro­ter (die so­ge­naam­de e­ko­no­mie van skaal) en di­ver­si­fi­seer weg van ar­beid na ge­ou­to­ma­ti­seer­de en ge­re­ke­na­ri­seer­de pro­duk­sie­pro­ses­se.

) On­ge­skool­de ar­beid raak te duur met voor­ge­skre­we mi­ni­mum lo­ne on­ge­ag die groot­te van jou on­der­ne­ming.

) Gro­ter pro­du­sen­te di­ver­si­fi­seer ook op groot skaal om ri­si­ko te ver­min­der, want hul­le weet hul­le is op hul eie. Daar is nou melk­kud­des van so­wat 3 000 melk­koeie met be­leg­gers van bui­te die land­bou. ’n Klein­skaal­se melk­boer se kans op oor­le­wing is ui­ters skraal ge­ge­we die hui­di­ge sa­ke­mo­del en be­leid.

Die jong­ste wet­ge­wing wat deur die re­ge­ren­de al­li­an­sie voor­be­rei word, is om be­per­kings op boer­de­ry­groot­tes te plaas ter­wyl die re­a­li­teit van ons hui­di­ge ge­brek­ki­ge land­bou­be­leid is dat klei­ner en mid­del­slag­boer­de­rye al hoe moei­li­ker oor­leef. Geen won­der werk­loos­heid neem skerp toe nie.

Voeg hier­by die drei­ge­ment van ANC-po­li­ti­ci dat land­bou­grond na­si­o­na­li­seer gaan word of dat ar­bei­ders kan aan­spraak maak op 50% van die grond.

Ons kan ne­ge­punt-nood­plan­ne en nood­ver­ga­de­rings hou en fond­se van mil­jar­de ran­de stig, maar as hier­die on­no­se­le be­leids­be­na­de­ring en sy on­deur­dag­te ge­vol­ge nie vin­nig en gron­dig her­sien word nie, bly ons in ’n dood­loop­straat met geen kits­op­los­sings en min voor­uit­sig­te vir groei en werk­skep­ping deur klei­ner on­der­ne­mings. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.