3,5 mil­joen men­se dra 93% van SA se be­las­ting­las

Beeld - - Sakenuus - Han­lie S­tad­ler

Kaap­stad. – S­legs 7,1 mil­joen Suid-A­fri­ka­ners be­taal ál die in­kom­ste­be­las­ting wat die SuidA­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) in­vor­der.

Paul Jou­bert, se­ni­or na­vor­ser van So­li­da­ri­teit se Na­vor­sings­in­sti­tuut, sê in die vak­bond se ar­beids­mark­rap­port, wat Don­der­dag uit­ge­reik is, die te­sou­rie spog graag met die sty­ging in die ge­tal men­se wat vir belasting ge­re­gis­treer is.

In der waar­heid be­taal 48% van die 16,8 mil­joen men­se op die be­las­ting­re­gis­ter “nie ’n sent” belasting nie om­dat hul in­kom­ste on­der die drem­pel vir in­kom­ste­be­las­ting is. Die las op die 7,1 mil­joen be­las­ting­be­ta­lers is ook nie e­we­re­dig ver­sprei nie, sê hy. Die SAID het in 2014 R310,9 mil­jard se in­kom­ste­be­las­ting in­ge­vor­der.

Men­se met ’n be­las­ba­re in­kom­ste van min­der as R140 000 per jaar het min­der as 4% van hul in­kom­ste aan belasting af­ge­staan. Hul­le ver­teen­woor­dig 3,6 mil­joen men­se en het in to­taal min­der as 7% van die in­kom­ste­be­las­ting wat die SAID in­ge­vor­der het, be­taal.

Daar­teen­oor het men­se met ’n be­las­ba­re in­kom­ste van meer as R140 000 ge­mid­deld 21,5% van hul in­kom­ste aan in­kom­ste­be­las­ting be­taal. Hul­le is 3,5 mil­joen men­se en het so­wat 93% van al­le in­kom­ste­be­las­ting be­taal.

As jy die af­sny­punt R200 000 per jaar maak, be­taal 2,4 mil­joen men­se 85% van al­le in­kom­ste­be­las­ting.

Op R300 000 per jaar bly 1,7 mil­joen be­las­ting­be­ta­lers oor wat 76% van al­le in­kom­ste­be­las­ting be­taal. Die 1,7 mil­joen wat meer as R300 000 per jaar ver­dien, is net een uit el­ke 20 vol­was­se Suid-A­fri­ka­ners.

Die 3,5 mil­joen men­se wat meer as R140 000 per jaar ver­dien, is steeds net een uit el­ke tien vol­was­se­nes.

So­li­da­ri­teit kap in sy Ar­beids­mark­rap­port die so­ge­naam­de “be­las­ting­ver­lig­ting” wat Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, in Fe­bru­a­rie in sy be­gro­tings­re­de uit­ge­lig het.

Jy kry eint­lik s­legs ver­lig­ting as jy ar­mer word, sê Jou­bert. So­li­da­ri­teit se be­re­ke­nin­ge wys as jou sa­la­ris­ver­ho­ging tred hou met in­fla­sie, be­taal jy we­sent­lik meer belasting el­ke jaar – nie net die be­drag nie, maar die per­sen­ta­sie wat jy op­dok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.