SABMil­ler nóg lig­ter ná oor­een­koms oor Pa­na­ma­sa­ke

Beeld - - Geklassifiseerd - – Han­lie S­tad­ler

Jo­han­nes­burg. – Bie­re word in Sen­traal­en La­tyns-A­me­ri­ka soos skaak­stuk­ke rond­ge­skuif in An­he­u­ser-Busch InBev (AB InBev) se voort­sle­pen­de stryd om goed­keu­ring te kry vir die ver­kry­ging van SABMil­ler.

AB InBev pro­beer SABMil­ler se bes­te bie­re be­hou, en raak ont­slae van die han­dels­na­me wat nie so sterk in dié mark staan nie.

AB InBev het met sy fi­li­aal Am­bev oor­een­ge­kom dat SABMil­ler se be­dry­wig­he­de in Pa­na­ma aan Am­bev oor­ge­dra word. In ruil daar­voor dra Am­bev sy sa­ke in Co­lom­bia, Pe­ru en E­cu­a­dor aan AB InBev oor.

Die tran­sak­sie is op voor­waar­de dat AB InBev en SABMil­ler wel saam­smelt.

SABMil­ler se di­rek­sie het op 11 No­vem­ber ver­le­de jaar in­ge­stem om AB InBev se vier­de aan­bod, van £44 per aan­deel, te steun. Die twee maat­skap­pye moet in do­sy­ne lan­de goed­keu­ring kry vir die sa­me­smel­ting en in die pro­ses word SABMil­ler al hoe lig­ter. ) SABMil­ler se 58%-be­lang in Mil­lerCoors is vir $12 mil­jard aan Mol­son Coors, wat die an­der 42% van die ge­sa­ment­li­ke on­der­ne­ming be­sit, ver­koop. ) SABMil­ler se 49%-be­lang in C­hi­na Re­sour­ces S­now B­re­we­ries is vir $1,6 mil­jard ver­koop aan SABMil­ler se ven­noot in dié maat­skap­py, C­hi­na Re­sour­ces Beer. ) Me­an­ti­me, Pe­ro­ni en Grol­sch is vir $2,9 mil­jard aan die Ja­pan­se maat­skap­py A­sa­hi ver­koop. ) SABMil­ler se Oos-Eu­ro­pe­se brou­e­rye – D­re­her B­re­we­ries (Hon­ga­rye), Kom­pa­nia Pi­wo­wars­ka (Po­le), Pl­zen­ský Pra­z­droj en Pi­vo­va­ry Top­var (T­sjeg­gië en Slo­wa­kye) en Ur­sus B­re­we­ries (Roe­me­nië) – word al­les ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.