Ploe­ter­rug­by maak meer sin as gras­sny

Beeld - - Kommentaar -

Met die herfs­bla­re wat val en die wind­jie wat al hoe skra­ler word, lees ek die na­week weer een van ou Bill Bry­son se s­to­ries uit sy No­tes from a Big Coun­try, waar­in hy ver­tel hoe hy en sy an­der helf­te ver­skil oor tuin­maak.

Sy wat baie B­ri­tish el­ke soort kuns­mis en in­sek­do­der ken en wat blom­me be­tref die ver­skil tus­sen Co­re­op­sis ver­ti­cil­la­ta en Co­re­op­sis gran­dif­lo­ra ken en hy wat dink hy het groen vin­gers as hy ’n kak­tus op ’n ven­ster­bank aan die groei kry.

Toe ek ’n laai­tie was, moes ek el­ke Sa­ter­dag met een van daai klein rol­lem-gras­sny­ers ’n hal­we rug­by­veld se gras na­mens my pa sny en ek het my­self be­lo­we dat ek op skool ek­stra hard sal leer so­dat ek universiteit toe kan gaan, so­dat ek ’n graad kan kry, so­dat ek daar­mee ’n goeie werk en goeie sa­la­ris kan kry, so­dat ek ’n tuin­man kan huur om my gras te sny en bla­re te hark (my an­der guns­te­ling-ak­ti­wi­teit).

Ek kan tot van­dag toe nog nie ver­staan dat ons aard­we­sens die on­der­maan­se om­dol­we, gras plant, sak­ke kuns­mis daar­oor uit­gooi so­dat dit moet groei en net as dit mooi groei, ons dit dan moet af­sny, in sak­ke sit en ie­mand be­taal om dit te laat weg­ry nie.

Ja, en dan bla­re: Die prag­ti­ge geel, oran­je en bruin bla­re wat dwars­deur die win­ter ’n kom­bers moet vorm so­dat die gras nie dood­ryp nie, moet mos kwan­suis ook weg.

So staan tuin­man dus heel­dag met ’n hark en be­sem, gooi als op ’n hoop wat kas­tig kom­pos moet word, maar voor­dat hy van­aand by sy huis is, het als te­rug­ge­waai na waar hul­le van­daan kom.

My meer ver­mo­ën­de bu­re (wat har­der as ek ge­leer het) se tuin­man­ne blaas húl bla­re met een van daai ma­sjie­ne wat lyk soos ’n ba­zoo­ka en ’n heng­se la­waai maak ê­rens in die hoek van hul erf (of my­ne) in.

Die bla­re wat dan wel een­dag daar­in slaag om kom­pos te word, word dan weer oor die gras ge­strooi so­dat die gras we­lig moet groei so­dat ons dit kan sny en weg­ry en so aan en­so­voorts.

Dié dat ek dink dat Ploe­ter15-rug­by op ’n Sa­ter­dag baie meer sin maak as gras­sny. Nie dat vrou­lief (of die mees­te an­der vroue) daar­mee sal saam­stem nie, maar nou ja, ek kan dit sê, want die Grond­wet be­skerm my.

Oeps, het ons ná de­se ooit nog een Nom­mer Een?

Ja, my Kroon, u gaan ook nog leer van tuin­maak van nie één nie, maar vier vroue wat or­ders gee. En soos neef Bar­tel ook van ver­skil­len­de soor­te blom­me­tjies.

Neef is nou die dag saam met sy En­gel­tjie by ’n hu­we­liks­ver­ry­kings­kur­sus.

Die In­gel­se spre­ker ver­klaar: “70% of men don’t e­ven know their wi­ves’ fa­vou­ri­te flo­wer.”

Leun neef toe oor en fluis­ter in En­gel­tjie se oor: “Jou­ne is mos ‘self-rai­sing’, nè?”

Nee, neef, pro­beer maar weer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.