Mo­sam­biek­si­tu­a­sie be­ter

B­rie­we

Beeld - - Kommentaar - Han­tie Jef­fe­ries van Jeff’s Palm Re­sort, Mo­sam­biek, skryf:

Ek re­a­geer op die skry­we van Pie­ter Gro­bler. Dis baie jam­mer dat jul­le so ’n na­re on­der­vin­ding in Mo­sam­biek ge­had het. Noord van Ma­pu­to het die om­stan­dig­he­de die af­ge­lo­pe 18 maan­de on­ge­loof­lik ver­be­ter. In die De­sem­ber 2015- en die A­pril 2016-skool­va­kan­sie het geen gas­te oor om­ko­pe­ry en on­no­di­ge boe­tes ge­kla nie. Dié wat wel ver­keers­re­ëls oor­tree het, is vol­gens die voor­ge­skre­we skaal be­boet en het kwi­tan­sies ont­vang.

Skryf as­se­blief b­rie­we aan die Mo­sam­biek­se di­rek­teur van toe­ris­me, die hoof van die Mo­sam­biek­se po­li­sie en die Suid-A­fri­kaan­se hoë kom­mis­sa­ris in Ma­pu­to. U kan die b­rie­we by die naas­te Mo­sam­biek­se hoë kom­mis­sa­ris in­dien. Die b­rie­we moet in En­gels of Por­tu­gees wees. Die per­soon in u groep wat Por­tu­gees mag­tig is, kan die b­rie­we in Por­tu­gees skryf. Noem as­se­blief die da­tum, tyd en plek waar die voor­val plaas­ge­vind het.

Baie van die va­kan­sie­oor­de na­by In­ham­ba­ne en Xai-Xai is le­de van toe­ris­me-or­ga­ni­sa­sies wat ge­stig is met die doel om oor­de by te staan. Hier­die or­ga­ni­sa­sies het ho­pe ver­ga­de­rings met die be­trok­ke de­par­te­men­te ge­had en van­dat pres. Fi­li­pe Nyu­si aan die be­wind is, word daar gou op klag­tes ge­re­a­geer.

Vol­gens bron­ne het die o­wer­he­de in die Xai-Xai-om­ge­wing, waar kor­rup­sie hoog­ty ge­vier het, lok­val­le vir die be­amp­tes ge­stel. S­kul­di­ge be­amp­tes is van hul ran­ge ge­stroop en sum­mier af­ge­dank. Ons ge­niet nou die re­sul­ta­te van hier­die op­tre­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.