Die kom­plek­si­teit van ver­stren­geld­heid

Die ver­hou­ding tus­sen Jan­sen en Suid­A­fri­ka­ners van al­le ras­se was nog al­tyd kom­pleks en op ’n ma­nier ’n ma­ni­fes­ta­sie van die on­der­lin­ge angs van ver­stren­geld­heid, skryf Piet Crou­camp.

Beeld - - Boeke - Le­a­ding for C­han­ge Jo­na­than Jan­sen ROUTLEDGE, R812

U­ni­ver­si­tei­te is by­na al­tyd ’n kom­plek­se en vreemd­soor­ti­ge wê­reld vir eer­ste­jaar­stu­den­te.

Die streng toe­la­tings­ver­eis­tes, stug­ge a­ka­de­mie­se at­mos­feer, on­toe­gank­li­ke bu­ro­kra­sie en ver­he­we in­tel­lek­tu­e­le sta­tus van do­sen­te is ’n e­mo­si­o­ne­le en selfs kul­tu­re­le uit­da­ging vir die mees­te s­tu­den­te.

Die mees­te eer­ste­jaars ver­laat hul ou­er­hui­se vir die eer­ste keer en gaan woon en leef in ’n nu­we dorp of selfs pro­vin­sie. Die be­sker­men­de in­ti­mi­teit van die so­sio-maat­skap­li­ke ruim­te in ge­sins­ver­band maak plek vir af­stand, ver­vreem­ding en per­soon­li­ke ver­ant­woor­de­lik­heid.

Hier­die ver­skyn­sel word ver­der ge­kom­pli­seer deur­dat baie eer­ste­jaar­stu­den­te vir die eer­ste keer ge­kon­fron­teer word deur ’n ti­pe di­ver­si­teit wat nie in ge­meen­skap­pe be­staan nie, maar ook nie in die sko­las­tie­se om­ge­wing waar­in kin­ders 12 jaar van hul pril­le jeug deur­ge­bring het nie.

In 2009 is Jo­na­than Jan­sen aan­ge­stel as die nu­we rek­tor van die Universiteit van die Vry­staat in Bloem­fon­tein. Jan­sen be­skryf met groot deer­nis hoe ou­ers, an­ders as by die mees­te ste­de­li­ke ter­si­ê­re in­stel­lings, as’t wa­re hul kin­ders in “my han­de laat”.

Daar word van die universiteit en Jan­sen ver­wag om as trus­tee op te tree ter be­sker­ming van die on­to­lo­gie­se ge­koes­ter­de; die heil­sa­me be­staan van die plaas en die plat­te­land vind be­slag in ’n e­pis­te­mo­lo­gie­se e­ko­lo­gie, naat­loos, as­of ’n spie­ël­beeld van die pa­tri­ar­ga­le ge­sags­ver­hou­dings van A­fri­ka­ner-fa­mi­lies.

Jan­sen het ’n wre­wel in die po­li­ties-so­si­o­lo­gie­se ge­sags­ver­hou­dings wat as ’n na­la­ten­skap van a­part­heid bly voor­be­staan; hard­nek­kig, ge­for­ma­li­seerd, ge­reg­ver­dig deur ’n lo­gi­ka in­ge­bed in ont­ken­ning of on­kun­de of selfs on­be­grip. Moeds­wil­li­ge ny­dig­heid is mak­lik i­den­ti­fi­seer­baar en kan be­stuur word deur die reg­stel­sel.

Wan­neer ve­nyn eg­ter in die na­te en voue van on­skuld of on­be­grip bak­te­ries teer op die reg­ver­di­gings van ’n ge­ves­tig­de in­sti­tu­si­o­ne­le or­de, word die stryd teen ver­vreem­ding, die ge­for­ma­li­seer­de ras­sis­me wat mu­teer as ’n nor­ma­li­teit, ’n haas on­aan­veg­ba­re vy­and teen die in­ti­mi- teit wat nood­saak­lik is vir ’n ge­meen­skap­li­ke be­staan waar­na Jan­sen soek.

Se­we jaar lank soek Jan­sen, as ’n ge­meen­skaps­lei­er, na die o­pe­ra­si­o­ne­le ar­gi­tek­tuur wat ma­ni­fes­teer in sy me­ta­foor van ver­stren­geld­heid. Een van die mees trau­ma­tie­se er­va­rings van sy ter­myn as rek­tor is waar­skyn­lik die voor­val van bla­tan­te ras­sis­me by die ge­mi­li­ta­ri­seer­de Reitz-ka­mer­wo­nings van die universiteit. Swart wer­kers, vier vroue en ’n man, is ge­bru­ta­li­seer deur s­tu­den­te in ’n ri­tu­eel wat hul­le o­ën­skyn­lik wil­lens en we­tens mee­maak.

Jan­sen doen ’n ver­stom­men­de in­tel­lek­tu­e­le en a­na­li­tie­se be­moei­e­nis in ’n po­ging om die ge­sags­ver­hou­dings wat in die voor­val ma­ni­fes­teer te ver­staan.

Hy wroeg oor die kom­plek­se teen­stry­dig­he­de van die vrou­e­wer­kers wat die s­tu­den­te sog­gens ’n by­na moe­der­li­ke af­ran­se­ling gee wan­neer hul­le ver­slaap en nie klas by­woon nie. Oor die ver­skyn­sel van ’n wit kind wat groot­ge­maak word deur ’n swart vrou, wat hom was en klee en kos gee, maar wat haar steeds op ’n in­for­me­le wy­se aan­spreek, wat dui op ’n af­we­sig­heid van re­spek.

Jan­sen maak die be­lang­ri­ke punt dat die swart wer­kers nie nét ver­staan kan word as wil­lo­se slag­of­fers nie. Die on­e­we­re­di­ge mags­ver­hou­ding is meer kom­pleks en moet ont­le­dend be­soek word in die wy­se waar­op ar­beids­ver­de­ling ma­ni­fes­teer, soos ook in die ruim­te­li­ke skei­ding tus­sen ge­meen­skap­pe in woon­buur­te.

Dit is in hier­die kon­teks dat ’n i­ro­nie­se “in­ti­mi­teit” be­staan in die af­we­sig­heid van “spi­ri­tu­e­le na­by­heid”. Die in­ti­mi­teit wat Jan­sen be­speur in die ver­hou­ding tus­sen die vrou­e­wer­kers en die s­tu­den­te deur wie hul­le ge­bru­ta­li­seer word, kan nie die kon­ti­nu­ï­teit van we­der­syd­se er­ken­ning en mens­wees on­der­hou nie, want in­ti­mi­teit het steeds ruim­te­li­ke gren­se wat deur kul­tu­re­le, taal- of his­to­rie­se ri­tu­e­le (soos ont­groe­ning) in stand ge­hou word.

Selfs die “in­ten­se oom­blik van ge­meen­skap­lik­heid” wan­neer wit en swart saam rug­by speel en die eu­fo­rie van suk­ses er- vaar, het ge­bre­ke wan­neer die spe­lers ná af­loop van die wed­stryd te­rug­trek in hul on­der­skeie ras- of klas­ge­de­fi­ni­eer­de ruim­tes. Die e­we­wig tus­sen in­ti­mi­teit en na­by­heid (“ne­ar­ness”) kom nie tot was­dom nie, want die reg­ver­di­gings vir ruim­te­li­ke ver­vreem­ding is his­to­ries en struk­tu­reel.

Die in­te­gra­sie van die universiteit se kos­hui­se kan nie net staan ge­maak word op ’n ge­dwon­ge of soms selfs spon­ta­ne in­ti­mi­teit nie, die ruim­te­li­ke ver­vreem­ding wat in die bre­ër er­va­rings­wê­reld van die stu­dent “nor­maal” is, vind weer be­slag in ou­to­ri­tê­re ver­hou­dings, ook in die be­perk­te ruim­te van ’n stu­den­te­wo­ning.

Die ver­hou­ding tus­sen Jan­sen en Suid-A­fri­ka­ners van al­le ras­se was nog al­tyd kom­pleks, am­bi­va­lent, soms we­der­stre­wig en op ’n ma­nier ook ’n ma­ni­fes­ta­sie van die on­der­lin­ge angs van ver­stren­geld­heid.

Dit is juis in dié ver­stren­geld­heid waar Jan­sen soek na die on­der­lig­gen­de bin­dings­krag­te; die em­pa­tie, i­ro­nie­se re­spek, er­ken­ning van ge­sags­ver­hou­dings in die teen­woor­dig­heid van ras­sis­tie­se reg­ver­di­gings vir kul­tu­re­le chau­vi­nis­me.

Soos dit ’n goeie na­vor­ser, maar dalk meer spe­si­fiek ’n goeie lei­er be­taam, lê Jan­sen die fak­to­re bloot wat sy in­sig­te en oor­deel met on­se­ker­heid kan ver­vul. Hy skryf oor die ras­sis­me in sy eie fa­mi­lie, die ont­sag­li­ke e­mo­sie van ver­wer­ping waar­mee dit ge­paard­gaan.

Die skryf­styl is baie a­ka­de­mies en word ge­ken­merk deur ’n dig­te, kom­plek­se, ont­le­den­de werks­wy­se. Die ge­volg­trek­kings word ver­sig­tig ge­vorm met in­ag­ne­ming van be­ves­ti­gen­de as­ook bot­sen­de of teen­stry­di­ge ver­an­der­li­kes. A­nek­do­tes as ’n ver­trek­punt vir ’n meer al­ge­me­ne ont­le­ding is meer dik­wels om­stre­de, maar Jan­sen plaas die in­si­dent, soos by­voor­beeld die so­ge­naam­de Reitz-in­si­dent of die fees must fall-veld­tog, by­na al­tyd in ’n his­to­rie­se, kul­tu­re­le of so­si­a­le kon­teks.

Die teks is ten de­le a­ka­de­mies-te­o­re­ties, wat toe­gank­lik­heid be­perk, maar dit is waar­skyn­lik een van die be­lang­rik­ste boe­ke wat die af­ge­lo­pe 20 jaar die lig ge­sien het wat be­tref die kom­plek­se ver­hou­ding tus­sen wit en swart en die rol van lei­er­skap in die ves­ti­ging van in­ti­mi­teit en die af­ta­ke­ling van ruim­te­li­ke af­ge­slo­ten­heid. ) Piet Crou­camp is ’n po­li­tie­ke we­ten­skap­li­ke aan die Universiteit van Jo­han­nes­burg.

Fo­to: CONRAD BORNMAN

Jo­na­than Jan­sen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.