Die groot saak in die hart van Jo­han­nes

Beeld - - Boeke -

Tus­sen die klip­pe Hans du P­les­sis LAPA, R220

Hans du P­les­sis is soos volks­be­sit – dink maar aan die weg­hol­suk­ses van In­nie skyl­te van­nie Jir­re – en met hier­die, sy tien­de ro­man, sien jy mak­lik weer hoe­kom.

Daar is een e­le­ment wat deur­lo­pend in sy wer­ke teen­woor­dig is: pa­tos. Die krag van die lief­de, het­sy vir die He­re, vir ons naas­te, of vir ’n an­der.

En Tus­sen die klip­pe is moont­lik een van sy deer­nis­vol­ste sto­rie­ver­tel­lings tot nog toe.

Dit han­del kort­liks oor ’n bos­hof­saak in 1851 in die on­ge­tem­de Moot, daar­die deel van P­re­to­ria wat steeds van­dag ge­hurk tus­sen die Ma­ga­lies­berg­reeks se riw­we lê, net noord van Mein­tjies­kop. Toe die A­pies­ri­vier werk­lik nog ’n brui­sen­de mas­sa was wat die nu­we boe­re van die tyd van wa­ter voor­sien het. (C­hur­chill het nie oor­dryf nie...), en nog voor­dat P­re­to­ria as ’n dorp ge­pro­kla­meer is.

Do­mi­nee Jo­han­nes word uit die Ko­lo­nie laat kom, ge­stuur deur die we­le­de­le Si­no­da­le Kom­mis­sie, om in te sit op die hof­ver­rig­tin­ge waar ene Su­san­na Marais van ‘son­de’ aan­ge­kla word: veel­man­ne­ry en be­drog.

Jo­han­nes, wat eint­lik maar geen ken­nis van Eva het nie be­ne­wens ’n jong mei­sie wat hy vlug­tig ty­dens die trek na die noor­de op sy e­sel Bi­le­am ont­moet het, word ge­tref deur die skoon­heid, die te­ge­ly­ke broos­heid en krag, en die on­ver­set­lik­heid van die sko­ne Su­san­na.

Hy is ’n man wat op soek is na die waar­heid van By­bel­se lief­de. Na die ver­e­ni­ging, of die oor­brug­ging, van die ‘twee klip­pe’ van die tien ge­booie: die een waar­op daar ge­skryf is oor die lief­de vir God, en die een waar­op daar ge­skryf is oor die lief­de vir die mens.

Die hof­saak vind mis­kien tus­sen die klip­pe van die bos­veld­ran­te plaas, maar die groot­ste saak woed in Jo­han­nes se hart.

Die sto­rie is ge­krui met heer­li­ke ka­rak­ters uit die mid-1800s, en gee ’n ky­kie in hoe dié ge­tem­de streek toe nog met o­li­fan­te, see­koeie en wa­ter­kui­le sou ge­lyk het. ) Ro­nel Nel is ’n vry­skut­joer­na­lis van P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.