S­to­ries uit­ge­skud tot lig­ste ge­bak

Beeld - - Boeke -

Koms van die bi­bli­o­teek­bus Kei­na Swart NA­LE­DI, R175

Ge­ag­te Boe­ke­re­dak­teur.

Ek kan on­ge­luk­kig nie soos ons af­ge­spreek het, ’n re­sen­sie van die bo­ge­mel­de boek skryf nie.

Laat my as­se­blief ver­dui­de­lik: Die re­de hoe­kom ek ge­vra is om die re­sen­sie te skryf, is om­dat ek die e­nig­ste van die ge­reel­de re­sen­sen­te is wat nie die skry­wer ken nie. (Eint­lik vreemd, want die A­fri­kaan­se koe­rant­wê­reld is maar klein).

Half­pad deur die boek het ek eg­ter be­sef, ek ken ook nou vir Kei­na; so goed dat ek van nou af som­mer haar voor­naam ge­bruik en nie haar van soos wat meer kon­ven­si­o­neel is by die koe­ran­te nie.

Ek voel ook dat ek haar nie net ken nie; ek hou ook baie van haar.

Kei­na skep al­les wat sy met haar fyn ont­wik­kel­de waar­ne­mings­ver­moë sien op en sit dit dan deur ’n sif van deer­nis.

Wat sy an­der­kant uit­skud, is soos kos­ba­re meel wat die lig­ste ge­bak le­wer. Par­ty­keer wys sy jou wat in die sif ag­ter­bly, maar net vin­nig so­dat dit jou nie van die ge­bak af­sit nie.

Die kort ru­brie­ke gaan meest­al oor al­le­daag­se goed, din­ge wat ’n vrou en ma er­vaar, maar daar is ook ru­brie­ke wat te doen het met din­ge wat Kei­na in haar wer­k­le­we as koe­rant­re­dak­teur er­vaar.

Sy skryf ewe goed oor klein en groot.

Ver­der het my nu­we vrien­din ook ’n slag met nos­tal­gie. Ek het twee keer am­per ge­huil en ’n paar keer hard­op ge­lag.

Jy moet weet ie­mand skryf goed as hul­le so ’n re­ak­sie kan ont­lok in min­der as twee blaaie, want dis hoe lank mees­te van die ru­brie­ke is. Net ’n laas­te ver­soek. Ek voel nog­al hei­lig oor die boek. Kan ek dit dalk hou? Of te­rug­kry as die vol­gen­de re­sen­sent klaar is daar­mee?

Ek is baie jam­mer vir die on­ge­rief. Groe­te, He­len ) He­len S­chöer is re­dak­teur van Ba­ba & K­leu­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.