Mid­del­burg bly rooi

HTS se Bul­le se­ë­vier

Beeld - - Sport - Han­nes Nie­na­ber Han­nes Nie­na­ber

Daar kan geen twy­fel be­staan dat die Help­me­kaar Kol­le­ge van­jaar die guns­te­ling is om as kam­pi­oen van die Vir­se­kerBeeld­tro­fee vir groot sko­le ge­kroon te word nie.

Dit is nog vroeg in die kom­pe­ti­sie, maar Hel­pies se oor­tui­gen­de se­ge van 52-3 oor die Ho­ër­skool Pie­ters­burg Sa­ter­dag in Jo­han­nes­burg sou on­ge­twy­feld ’n dui­de­li­ke bood­skap aan die an­der span­ne in die li­ga ge­stuur het.

Pie­ters­burg is ook een van die aan­spraak­ma­kers op van­jaar se ti­tel, maar sal ná die ne­der­laag weet dat baie werk nog vir hom voor­lê as hy die ti­tel wil buit.

Hel­pies se kant­man Mark Sny­man het Pie­ties se doel­lyn drie keer oor­ge­steek.

Die Goud­stad­se span is die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen van die reeks.

) In die Lui­perds se li­ga vir groot sko­le lyk dit of die Pot­chef­stroom Gim­na­si­um en die Pot­chef­stroom­se Ho­ër Volk­skool van­jaar die span­ne is om te klop. Vol­kies het Lich­ten- burg na­el­skraap met 19-18 ver­slaan. Lig­gies het die li­ga as die guns­te­ling be­gin, maar het in die eer­ste ron­de ook na­el­skraap met 30-31 die knie teen Potch Gim­mies ge­buig.

Gim­mies was Sa­ter­dag teen die Ho­ër­skool K­lerks­dorp met 22-3 baas. Die wen­span se kant­man Chris­toff Mul­ler het ver­al met sy spel op die pap­nat veld be­ïn­druk.

Lich­ten­burg het van­jaar die Puk se P­res­ti­ge-reeks ge­wen waar­aan ma­kro­sko­le soos Noord­heu­wel, Zwart­kop en Won­der­boom ook deel­neem.

) In die Pu­mas se groots­ko­le-li­ga het Hoo­gen­hout van Bet­hal net-net met 35-34 oor Er­me­lo ko­ning ge­kraai in hul­le jaar­lik­se Clas­sic Clash.

Er­me­lo se los­ska­kel, Ru­an Gro­bler, het sy span met sy skop­skoen in die wed­stryd ge­hou.

Hy het al vier sy span se drieë ver­doel en ook ’n straf­doel en skep­doel oor­ge­klits.

Se­cun­da was met 36-31 baas oor Ly­den­burg in ’n op­win­den­de krag­me­ting, ter­wyl Rob Fer­rei­ra ge­sweet het om Berg­vlam met 23-20 te ver­slaan. Mid­del­burg sal vir die vol­gen­de jaar steeds rooi wees soos dit die af­ge­lo­pe ses jaar was.

Die Ho­ër Teg­nie­se Skool Mid­del­burg se Rooi Bul­le het die Ho­ër­skool Mid­del­burg ’n be­hoor­li­ke rug­by­les ge­leer met 67-6 in hul ENB Clas­sic Clash. Die Rooi Bul­le het teen rus­tyd reeds ’n ste­wi­ge voor­sprong van 25-3 op­ge­bou. Dié is die Rooi Bul­le se groot­ste se­ge nog oor Mid­del­burg.

Mid­dies kon laas in 2009 met 33-10 as oor­win­naars van die veld stap. Die wed­stryd staan steeds be­kend in Mid­del­burg as die een met die No­kia-tel­ling. Dit was des­tyds Mid­dies se eer­ste se­ge oor die Rooi Bul­le in 26 jaar.

Die wen­span se kap­tein en flank, JC P­re­to­ri­us, het vir die t­wee­de ag­ter­een­vol­gen­de jaar ’n drie­kuns aan drieë in die wed­stryd be­haal.

HTS Mid­del­burg se los­ska­kel, Rie­kert Bar­nard, het ook ’n goeie wed­stryd met die skop­skoen be­leef en 22 pun­te tot sy span se to­taal by­ge­dra. Hy het agt doel­skop­pe en twee straf­doe- le tus­sen deur die pa­le ge­jaag.

Die Rooi Bul­le se vleu­el Ja­pie K­leyn­hans was ook el­ke keer wat hy die bal ge­kry het ’n do- ring in Mid­dies se vlees.

Sa­ter­dag se krag­me­ting tus­sen die Rooi Bul­le en die Ho­ër­skool Nel­spruit se R­hi­nos be­hoort te be­paal wie bo­aan die Pu­mas se pun­te­lys vir ma­kro­sko­le in die Vir­se­ker Beeld­tro­fee gaan ein­dig.

) Zwart­kop van P­re­to­ria sal heel­wat self­ver­troue uit sy se­ge van 40-5 oor Mon­ta­na neem. Z­war­ries se vol­gen­de krag­me­ting is sy jaar­lik­se Clas­sic Clash teen El­do­rai­gne.

In nog ’n ma­kro­sko­le-wed­stryd in die Bul­le-streek het Won­der­boom vir Cen­tu­ri­on met 20-5 ge­troef.

) Noord­heu­wel se los­ska­kel, JC Fens­ham, was in gie­ten­de re­ën op sy tuis­veld in Kru­gers­dorp sy span se held in hul se­ge van 14-13 oor die Ho­ër­skool Flo­ri­da. Hy het al sy span se pun­te in die wed­stryd aan­ge­te­ken met ’n drie en drie straf­doe­le.

Mo­nu­ment het ook op sy tuis­veld in Kru­gers­dorp be­ïn­druk deur Wa­ter­kloof met 37-7 af te ran­sel in die mod­der­bad wat die Ras van Rooy­en-veld was.

Dit was weer ver­al die span se ha­ker en kap­tein, PJ Bo­tha, wat met sy in­klim­spel voor ge­vat het. Die slot Ru­an Ver­maak en die agt­ste­man, PJ Ja­cobs, het voor­langs ook goeie spel ge­le­wer.

) Die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool van P­re­to­ria het King Ed­ward VII in Jo­han­nes­burg met 61-7 kaf­ge­draf.

Af­fies was in ver­le­de jaar se krag­me­ting tus­sen die twee span­ne met 92-0 baas.

Fo­to: MARIUS NORTJÉ

Ru­ben Coet­zee, woe­li­ge ha­ker van Noord­heu­wel, beur hier vo­ren­toe in sy span se oor­win­ning van 14­3 oor Flo­ri­da in die twee sko­le se Vir­se­ker Beeld­tro­fee­krag­me­ting in Kru­gers­dorp.

Fo­to: MARIO VAN DER WALL

Ven­dré Fou­rie, los­ska­kel van Fo­ch­vil­le, vroe­ër van­jaar in ak­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.