Sta­di­on ont­ruim voor Man­ches­ter U­ni­ted kan af­skop

Beeld - - Sport - – Reu­ters, S­port­re­dak­sie

Man­ches­ter. – Die P­re­mier­ligasok­ker­sei­soen in En­ge­land het gis­ter nog ver­skeie kin­kels in die ka­bel ge­had en steeds is dit het ein­de niet.

Die wed­stryd tus­sen Man­ches­ter U­ni­ted en Bour­ne­mouth moet oor­ge­speel word na­dat dit af­ge­las is toe ’n ver­dag­te pak­kie in een van die pa­vil­joe­ne op­ge­merk is.

Die sta­di­on is 20 mi­nu­te voor die be­plan­de af­skop­tyd ont­ruim en die pak­kie is met ’n be­heer­de ont­plof­fing ver­nie­tig.

Die En­gel­se Sok­ker­ver­e­ni­ging het ge­sê hy sal so gou moont­lik ’n da­tum vir ’n her­ont­moe­ting be­paal en be­kend maak.

“Ons neem nie be­slui­te soos dié lig­te­lik nie.

“Ons het dit ge­doen om die vei­lig­heid van al die toe­skou­ers te ver­se­ker,” het John O’Ha­re, as­sis­tent-hoof­kon­sta­bel van die Man­ches­ter-po­li­sie, ge­sê.

Daar was da­rem ook oor­ge­noeg dra­ma op die veld.

Tot­ten­ham Hot­spur het die t­wee­de plek op die pun­te­lys aan sy aarts­vy­and, Ar­se­nal, af­ge­staan na­dat hy in sy swak­ste ver­to­ning van die sei­soen met 5-1 deur Ne­w­cas­t­le U­ni­ted ver­ne­der is.

Ar­se­nal het Aston Vil­la tuis met 4-0 ge­klop om met 71 pun­te, een meer as S­purs, te ein­dig.

Dié ver­to­ning be­hoort Arsè­ne Wen­ger vir nóg ’n sei­soen as Ar- se­nal se af­rig­ter te laat oor­leef.

Ne­w­cas­t­le en Vil­la sal vol­gen­de sei­soen in die t­wee­de li­ga mee­ding na­dat hul­le on­der­skei­de­lik 18de en 20ste op die pun­te­lys ge­ëin­dig het.

Om din­ge nóg er­ger vir S­purs te maak, het Ne­w­cas­t­le drie van sy doe­le met net tien man op die veld aan­ge­te­ken na­dat A­lek­san­dar Mi­tro­vic af­ge­jaag is.

S­purs kon die eer­ste keer se­dert 1995 ’n sei­soen bó Ar­se­nal op die pun­te­lys klaar­ge­maak het as hul­le t­wee­de ge­ëin­dig het.

Dit sou ook die eer­ste keer se­dert 1963 ge­wees het dat hul­le t­wee­de ein­dig.

Man­ches­ter Ci­ty het se­ker ge­maak hy kry ’n kans om in die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­li­ga te speel toe sy wed­stryd teen S­wan­sea Ci­ty met 1-1 ge­lyk­op ge­ëin­dig het en hy die vier­de plek op die pun­te­lys (66) sy­ne ge­maak het.

Lei­ces­ter Ci­ty, wat ver­le­de na­week reeds as kam­pi­oen ge­kroon is, het in sy laas­te wed­stryd met 1-1 teen C­hel­sea ge­lyk­op ge­speel om met 81 pun­te te ein­dig.

C­hel­sea, ver­le­de sei­soen se kam­pi­oen, is daar­mee tot die tien­de plek ver­doem.

Sout­hamp­ton het vyf­de ge­ëin­dig met ’n se­ge van 4-1 oor Cry­stal Pa­la­ce.

Man­ches­ter U­ni­ted kan hom ver­by­steek as hy Bour­ne­mouth klop, maar dit sal net goed ge­noeg vir Lou­is van Gaal se span wees om vol­gen­de sei­soen in die Eu­ro­pa-li­ga te speel.

West Ham U­ni­ted het sy kans ver­speel om ook in dié li­ga mee te ding toe hy met 1-2 teen S­to­ke Ci­ty ver­loor het.

Hy het se­wen­de ge­ëin­dig met 62 pun­te, twee meer as Li­ver­pool in die agt­ste plek.

West Ham kan wel nog kwa­li­fi­seer as U­ni­ted die FA Cup wen deur Pa­la­ce in die eind­stryd te klop.

Li­ver­pool het ook nog ’n kans om in die Kam­pi­oe­ne­li­ga te speel as hy Se­vil­la in die eind­stryd van die Eu­ro­pa-li­ga klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.