JC Jan­se van Rens­burg sal nie teen Bul­le in skrum sak

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Die sout in die S­tor­mers se won­de ná hul klei­trap­pe­ry in Sa­ter­dag se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Sun­wol­ves is ’n ver­moe­de­lik erns­ti­ge knie­be­se­ring van hul los­kop­stut, JC Jan­se van Rens­burg.

“Dit lyk nie goed nie. Ons ver­moed daar is ’n ge­skeur­de knie­li­ga­ment, maar ons sal dit eers met ons te­rug­keer kan be­ves­tig,” het die S­tor­mers-af­rig­ter, Rob­bie F­leck, gis­ter in ’n te­le­fo­nie­se on­der­houd uit Sin­ga­poer ge­sê.

Jan­se van Rens­burg is in die 32ste mi­nuut van die ge­lyk­op­stryd (17-17) met Oli Keb­ble ver­vang. A­lis­tair Ver­maak sal waar­skyn­lik die los­kop­stut op die plaas­ver­van­gers­bank wees vir Sa­ter­dag­aand se wed­stryd teen die Bul­le op Lof­tus.

F­leck het gis­ter ook be­ves­tig dat die S­pring­bok-slot E­ben Et­ze­beth saam P­re­to­ria toe sal reis vir ’n wed­stryd van kri­tie­ke be­lang. Die S­tor­mers gee steeds die pas aan in hul groep, met die Bul­le drie liga­pun­te ag­ter hul­le in die t­wee­de plek.

Ter­wyl die S­tor­mers da­rem ’n bie­tjie ka­rak­ter ge­wys het om die kas­tai­ings in die laas­te mi­nuut uit die vuur te krap, het F­leck er­ken hul­le het nie eint­lik twee pun­te ver­dien nie.

“Ons is al­mal bit­ter te­leur­ge­steld, want daar­die ver­to­ning is nie waar­voor ons as span staan nie. Ons e­ner­gie­vlak­ke was laag en ons het te veel fou­te be­gaan. In die eer­ste helf­te was ons ook tak­ties swak.

“Ons moes vir ge­bied ge­speel het eer­der as om met die bal in die hand te wil bal­jaar. Die oor­heer­sing wat ons in die vas- te fa­set­te ge­kry het, is ook nie be­nut nie.”

F­leck het ook er­ken die ve­le straf­skop­pe teen die S­tor­mers by die af­breek­pun­te en vir on­kant­spel was ge­reg­ver­dig.

Daar was da­rem ’n paar goeie in­di­vi­du­e­le ver­to­nings. F­leck het die Bok-slot Pie­terS­te­ph du Toit as “on­ge­loof­lik” be­skryf. Twee of drie an­der ou­ens het hul stem­pel af­ge­druk, “maar die span­po­ging was ui­ters te­leur­stel­lend”.

Du Toit het die lyn­sta­ne goed be­heer en was ’n ko­los in al­ge­me­ne spel. On­der die los­voor­spe­lers was Siya Ko­li­si die keur, ter­wyl die ma­nier waar­op Vin­cent Koch oor­ge­beur het vir daar­die laas­te drie sy toe­wy­ding ver­sin­ne­beeld het.

Dis waar­skyn­lik ook nie per toe­val nie dat die S­tor­mers se te­rug­veg­po­ging mo­men­tum ge­kry het met die ve­te­raan- los­voor­spe­ler S­chalk Bur­ger se toe­tre­de van­uit die plaas­ver­van­gers­bank.

Bur­ger se er­va­ring kan vir die S­tor­mers deur­slag­ge­wend wees op Lof­tus en dit sal nie ver­baas as hy as agt­ste­man na die be­gin­span te­rug­keer nie.

F­leck ver­wag dat sy ska­kel­paar die wed­stryd be­ter aan die kraag moet beet­kry as wat Lou­is S­chreu­der en Je­an-Luc du P­les­sis Sa­ter­dag ver­mag het.

“Ek dink ons ska­kels moes sa­ke be­ter be­heer het. Tot voor Sa­ter­dag was ons struk­tuur op die aan­val goed, maar dit het ont­breek. Ons was nie in be­heer nie en te los. Die lys van wat ver­keerd ge­gaan het, is lank . . .” Sun­wol­ves 17 (14): Drie: A­ki­hi­to Ya­ma­da. Straf­doe­le: Tu­si Pi­si (4). S­tor­mers 17 (3): Drieë: Pie­ter­S­te­ph du Toit, Vin­cent Koch. Doel­skop­pe: Je­an­Luc du P­les­sis, Brandon T­hom­son. Straf­doel: Du P­les­sis.

Fo­to: GETTY IMAGES

Pie­ter­S­te­ph du Toit van die S­tor­mers (links) pro­beer om Tu­si Pi­si van die Sun­wol­ves af te stamp ty­dens die Su­per­rug­by­wed­stryd in Sin­ga­poer Sa­ter­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.