Haaie se­ë­vier dank­sy Lam­bie

Swak dis­si­pli­ne kom Ja­gua­res duur te staan

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – Dit was al­les be­hal­we mooi, maar sal die Haaie net mooi niks skeel nie.

Die be­lang­rik­ste is dat vier Su­per­rug­by-liga­pun­te saam met hul­le uit Bu­e­nos Ai­res te­rug­keer na Dur­ban.

Dank­sy die ak­ku­ra­te skop­skoen van Pa­trick Lam­bie en die on­ge­dis­si­pli­neerd­heid van die Ja­gua­res, het die Haaie Sa­ter­dag met 25-22 deur­ge­skraap teen die Ar­gen­ty­ne in hul Su­per-wed­stryd.

Daar­mee hou die Haaie die druk op die Leeus in A­fri­ka se Groep Twee en is hul­le net twee liga­pun­te ag­ter die span van die Goud­stad.

Die Leeus het wel dank­sy ’n bo­nus­punt­se­ge oor die Blu­es (43-5) die voor­sprong van een punt oor die Haaie ge­rek tot twee.

Hul­le het ook een wed­stryd min­der as die Haaie ge­speel en het nou 32 pun­te ná tien wed­stry­de, teen­oor die Haaie se 30 ná 11.

Lam­bie, wat die eer­ste keer hier­die sei­soen ’n wed­stryd vir die Haaie be­gin het en ook die kap­tein­skap oor­ge­neem het, het met die uit­son­de­ring van sy eer­ste stel­skop van die wed­stryd, die kol met die res ge­tref en 20 pun­te met ses straf­doe­le en ’n doel­skop aan­ge­te­ken.

Die Ar­gen­ty­ne het drie drieë teen­oor die en­ke­le een van die Haaie ge­druk, maar is swaar ge­straf deur die skeids­reg­ter, Marius van der West­hui­zen, in ver­al die skrums en wat on­kant­spel be­tref.

Dit was juis ’n straf­skop van ’n skrum-oor­tre­ding drie mi­nu­te voor die ein­de wat Lam­bie die kans ge­gee het om die wen­pun­te aan te te­ken.

Vir lang tye moes die Haaie keer vir al wat hul­le werd is.

Die ge­vaar van ’n straf­drie teen hul­le het oor die Haaie ge­hang na­dat hul­le op hul doel­lyn vas­ge­pen is en die tuis­span die een skrum ná die an­der af­ge­dwing het.

Dit is eg­ter af­ge­weer met ’n puik skrum deur die Haaie.

Dit was weer ’n wed­stryd wat ge­wys het jy hoef nie nood­wen­dig die mees­te be­sit óf ge­bieds­voor­deel te hê om as wen­ner van die veld te stap nie.

Die Haaie het in al­bei hier­die af­de­lings sleg t­wee­de ge­kom, maar waar dit saak­maak, op die tel­bord, laas­te ge­lag.

Al het hul­le drie drieë af­ge­staan, een daar­van ’n twy­fel­ag­ti­ge een wat deur Van der West­hui­zen toe­ge­ken is, het die Haaie steeds ou­der­ge­woon­te baie goed ver­de­dig en só die tuis­span frus­treer.

Die slot Gi­ant M­ty­an­da en Be­ast M­ta­wa­ri­ra was op­val­lend, ter­wyl Je­an Dey­sel ook goeie spel ge­le­wer het tot­dat hy die veld met ’n nek­be­se­ring moes ver­laat.

“Ons het baie druk ab­sor­beer, maar ons­self on­der druk ge­plaas met on­be­hol­pe spel,” het Lam­bie er­ken.

“Daar is eg­ter baie ka­rak­ter ge­toon om in hier­die in­ti­mi­de­ren­de at­mos­feer te kon se­ë­vier. Dit was be­slis nie een van ons bes­te ver­to­nings nie, maar ons is al­mal ver­lig oor die oor­win­ning. Daar is eg­ter heel­wat ruim­te vir ver­be­te­ring,” het Lam­bie toe­ge­gee.

Die Ja­gua­res se A­gus­tín C­ree­vy en Le­o­nar­do Se­na­to­re is al­bei uit­ge­wys ná hul span se ne­der­laag.

C­ree­vy, kap­tein van die Poe­mas én Ja­gua­res, is uit­ge­wys vir ’n ge­vaar­li­ke duik­slag op Dey­sel wat daar­toe ge­lei het dat dié flank van die Haaie met ’n draag­baar af­ge­dra is.

Se­na­to­re is uit­ge­wys om­dat hy Kee­gan Da­niel glo ge­byt het.

Pun­te­ma­kers: Haaie 25 (19): Drie: Da­niel du P­reez. Doel­skop: Pa­trick Lam­bie. Straf­doe­le: Lam­bie (6).

Ja­gua­res 22 (17): Drieë: To­mas La­va­ni­ni, Mar­tin Lan­da­jo, San­ti­a­go Gar­cia Bot­ta. Doel­skop­pe: Ni­co­las San­chez. Straf­doel: San­chez.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.