C­hee­tahs weet gou oor Ser­ge­al

Beeld - - Sport - O­wen Kock

Bloem­fon­tein. – Die C­hee­tahs se voor­ste drie­druk­ker in die Su­per­rug­by­reeks, Ser­ge­al Pe­ter­sen, sal van­dag weet hoe erns­tig die bo­been­be­se­ring is wat hy Sa­ter­dag in Bloem­fon­tein teen die Sout­hern Kings op­ge­doen het.

Dié vleu­el is in die 56ste mi­nuut op pad na sy se­wen­de drie in die reeks be­seer. Hy is as voor­sorg­maat­re­ël af in dié wed­stryd wat die C­hee­tahs met 34-20 ge­wen het.

“Dit lyk in die sta­di­um nie te erns­tig nie, maar ons sal eers wag tot ná ’n s­kan­de­ring ge­doen is,” het die C­hee­tahs se af­rig­ter, Fran­co S­mith, ge­sê.

Die C­hee­tahs het ge­luk­kig die na­week ’n los­loot­jie voor hul­le die S­tor­mers op Nu­we­land pak.

Pe­ter­sen is een van vier C­hee­tahs wat ge­oor­merk is om op 29 Mei in S­tel­len­bosch aan te meld by die S­pring­bok­ke se oe­fen­kamp.

Die groot te­leur­stel­ling Sa­ter­dag was die bo­nus­punt wat die C­hee­tahs aan die ein­de met al hul plaas­ver­van­gers op die veld prys­ge­gee het.

Die drie van die Kings se reg­ter­vleu­el, Luk­ha­nyo Am, in die 72ste mi­nuut het hul­le van ’n bo­nus­punt ont­neem.

S­mith het toe­ge­gee dat daar baie meer ge­leent­he­de was vir die C­hee­tahs om pun­te aan te te­ken.

“Kort voor rus­tyd toe Ou­pa (Mo­ho­je) teen die kant­lyn af ge­na­el het, moes ons gaan druk het.”

Mo­ho­je, wat straks self kon gaan druk, se aan­gee na bin­ne na Pe­ter­sen het ver­lo­re ge­gaan.

S­mith het daar­op ge­wys dat hul­le van­jaar al goeie wed­stry­de ge­speel het, maar dit nie kon wen nie. Die keer was dit ef­fens an­ders­om.

“Ons het ge­sê ons fo­kus skuif nou na wen toe en die oor­win­ning Sa­ter­dag­aand was baie be­lang­rik vir ons. Dit is wat ge­skort het tot nou. Ons kan mooi rug­by speel,” het S­mith ge­sê.

Die Kings se af­rig­ter, De­on Da­vids, het ge­sê hul­le het uit­ge­sien na die wed­stryd, maar ge­weet die C­hee­tahs sou tuis ’n moei­li­ke uit­da­ging wees.

“Ons kan­se is ook nie juis be­vor­der met die klomp nu­we ge­sig­te in die span nie, want ná Don­der­dag se oe­fe­ning moes ons op kort ken­nis­ge­wing ver­an­de­rin­ge maak met spe­lers wat ont­trek is. Ons soek eg­ter nie ver­sko­nings nie.”

Die Kings het teen die C­hee­tahs son­der ’n hand­vol staat­ma­kers, soos hul kap­tein en slot, S­te­ven Sy­kes, die los­voor­spe­lers CJ Vel­le­man en Chris Cloe­te, stut Sti Sit­ho­le, as­ook sen­ter S­te­fan Wa­ter­mey­er, klaar­ge­kom.

“Die C­hee­tahs was goed in die skrums en het hul kan­se be­nut. My spe­lers het nooit op­hou ba­klei nie, maar op dié vlak moet jy jou bal be­skerm.”

Die Kings speel Sa­ter­dag teen die Haaie in Dur­ban.

Pun­te­ma­kers: C­hee­tahs 34 (17): Drieë: Ray­mond R­hu­le, U­zair Cas­siem, Mi­cha­el van der S­puy, Ser­ge­al Pe­ter­sen. Doel­skop­pe: F­red Zei­lin­ga (4). Straf­doe­le: Zei­lin­ga (2).

Kings 20 (6): Drieë: JP du P­les­sis, Luk­ha­nyo Am. Doel­skop­pe: Lou­is Fou­ché (2). Straf­doe­le: El­gar Watts (2).

Fo­to: CONRAD BORNMAN

Die C­hee­tahs se reg­ter­vleu­el Ser­ge­al Pe­ter­sen druk sy se­wen­de Su­per­drie van die sei­soen Sa­ter­dag teen die Sout­hern Kings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.