Haas­ti­ge Mo­ko­ka klop Ke­ni­a­ne

Groep SA at­le­te werk saam

Beeld - - Sport - Sa­rel van der Walt

Kaap­stad. – S­pan­werk deur ’n groep Suid-A­fri­kaan­se at­le­te het gis­ter in Kaap­stad ge­help dat die O­lim­pie­se ma­ra­thon­at­leet S­te­phen Mo­ko­ka die Ke­ni­a­ne ge­klop en so by­na die vin­nig­ste tyd ooit in die wê­reld oor 12 km ver­be­ter het.

Mo­ko­ka, wat op van­jaar se O­lim­pie­se S­pe­le in die 10 000 m sal hard­loop, het in sy de­buut die FNB Ca­pe To­wn 12 One Run­wed­loop in 33:34 ge­wen ná ’n na­el­loop na die eind­streep met die Ke­ni­aan Da­niel Sa­lel (33:35).

Dit is net drie se­kon­des sta­di­ger as die vin­nig­ste tyd wat tot nog toe oor dié nie­amp­te­li­ke af­stand ge­hard­loop is.

Mo­ko­ka se tyd op dié vin­ni­ge roe­te, van Mil­ner­ton tot by FNB se Kaap­se hoof­kan­toor in B­ree­straat in die mid­de­stad, is die der­de vin­nig­ste in die ge­skie­de­nis. Dit is ook 49 se­kon­des vin­ni­ger as die Suid-A­fri­kaan­se bes­te tyd wat Mat­thews (Loop en Val) Motshwa­ra­teu 28 jaar ge­le­de in die VSA op­ge­stel het.

Die Pot­chef­stro­mer El­roy Ge­lant was der­de in 33:42. Vier van die eer­ste vyf at­le­te was SuidA­fri­ka­ners. Si­bu­si­so N­zi­ma (34:08) was vier­de en Glad­win M­za­zi (34:09) vyf­de.

“Ons Suid-A­fri­ka­ners het baie goed as ’n span saam­ge­werk en aan­vank­lik net ag­ter die Ke­ni­a­ne ge­hard­loop so­dat hul­le die wind kon af­keer. Ná om­trent so 8 km het El­roy ge­sê: ‘Kom na­der, kom na­der’.

“Ná 10 km het ek my skuif ge­maak. El­roy het blit­sig ge­re­a­geer en vir my ge­sê: ‘Dis goed’. Dit het my baie self­ver­troue ge­gee,” het Mo­ko­ka ver­tel.

“Sa­lel het ook die pas be­gin druk voor­dat ek teen die laas­te bult pro­beer weg­kom het. In die pyl­vak het Sa­lel be­gin ver­snel en by my ver­by ge­gaan.

“Ek het om­ge­kyk om te sien waar El­roy is, so­dat ons kon saam­werk, maar ek het ge­sien dit lyk of hy be­gin swaar­kry.

“Met so­wat 250 me­ter oor het ek be­sluit ek moet nóg har­der hard­loop om­dat ek nog iets in die tenk oor­ge­had het,” het Mo- ko­ka ge­sê.

Sa­lel het ná die wed­loop van blo­te uit­put­ting op die grond ge­lê, ter­wyl ’n baie te­vre­de Mo­ko­ka ge­suk­kel het om sy a­sem te­rug te kry. Ge­lant het ge­sê die Suid-A­fri­kaan­se at­le­te se uit­gangs­punt was om nie toe te laat dat die Ke­ni­a­ne hul­le so vroeg soos ver­le­de jaar (ná net 4 km) ag­ter­laat nie.

Die voor­lo­pers het gis­ter in 13:55 ver­by die 5 km-kerf ge­hard­loop en in 28:03 ver­by die 10 km-kerf.

Fo­to: TOBIAS GINSBURG

S­te­phen Mo­ko­ka wen gis­ter die 12 One Run­wed­loop in Kaap­stad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.