C­ri­nums se­ë­vier in laas­te se­kon­de oor S­tings

Beeld - - Sport - Ru­an Bru­wer

Bloem­fon­tein. – Die kam­pi­oen van die Bru­tal Fruit-p­re­mier­liga sal nie som­mer net sy ti­tel son­der ’n ge­veg prys­gee nie.

Dít het die Vry­staat-C­ri­nums, kam­pi­oe­ne in 2014 en 2015, Sa­ter­dag hier in die laas­te ron­de van die groep­fa­se ge­wys toe hul­le die Sout­hern S­tings met 32-31 ge­klop het.

Die wen­doel is ’n en­ke­le se­kon­de voor die ein­de deur die C­ri­nums se kap­tein en hulp­doel, Ma­ry­ka Holtz­hau­sen, ge­sink. Die wen­span kon 45 se­kon­des voor die ein­de vir die eer­ste keer in die wed­stryd sy neus voor kry om ’n se­wen­de ag­ter­een­vol­gen­de oor­win­ning te be­haal.

Hy moes Son­dag met 44 of meer doe­le oor die M­pu­ma­lan­ga-Sun­bi­rds se­ë­vier om die S­tings uit die der­de plek te skou­er, maar kon net met 41 doe­le (71-30) wen.

Die Vry­sta­ters sal die na­week in die kwart­eind­ron­de teen die Gau­teng Gol­den-Fi­re­balls te staan kom. Die S­tings pak die K­waZu­lu-Na­tal King­dom S­tars in die an­der uit­speel­stryd.

Die Noord­wes-Fla­mes en Noord-Gau­teng Ja­guars ein­dig on­der­skei­de­lik eer­ste en t­wee­de op die pun­te­lys en sal die na­week ’n los­loot­jie hê.

Sel­de in die reeks moes twee span­ne só hard werk om hul doel­skie­ters in be­sit te stel soos met die S­tings en C­ri­nums. Die me­de­din­ging in dié in­ten­se krag­me­ting met se­we Pro­te­as op die baan was iets ys­liks.

Die C­ri­nums het 48 doel­po­gings teen­oor die S­tings se 41 ge­had.

“Ja, ek moes gaan dink wan­neer laas ek in so ’n wed­stryd be­trok­ke was. Al­bei span­ne se ver­de­di­ging was be­son­ders,” het Holtz­hau­sen ge­sê.

Ro­chel­le Law­son, hulp­ver­de­di­ger en on­der­kap­tein van die S­tings, is as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

“Ek dink dit was be­slis dié wed­stryd van die reeks tot dus­ver. Ons het te veel on­no­di­ge fou­te teen die ein­de be­gaan en nie be­sit be­hou nie.”

Die Ja­guars het oor­tui­gend met die King­dom S­tars (56-34) en Lim­po­po-Ba­o­babs (78-32) klaar­ge­speel. Die Fla­mes het die Fi­re­balls met 65-48 ge­klop.

An­der uit­slae: Oos­Kaap Aloes 55, Ba­o­babs 36, King­dom S­tars 52, Noord­Kaap Di­a­monds 20, Sout­hern S­tings 55 en M­pu­ma­lan­ga Sun­bi­rds 28. My­ne! Die Vry­staat­C­ri­nums se Lau­ren­Lee Chris­ti­ans (links) en Rie­ze S­tra­eu­li ding gis­ter met K­go­mot­so Se­peng van die M­pu­ma­lan­ga­Sun­bi­rds in ’n stryd om be­sit meel. S­tra­eu­li was die Spe­ler van die Wed­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.