A­FRIFORUM GAAN SLAGGATE TEEN R2 MIL­JOEN HER­STEL

Beeld - - Front Page -

A­friForum het af­ge­skop met sy na­si­o­na­le veld­tog vir die her­stel van slaggate in die on­der­skeie pro­vin­sies in die land. Ty­dens dié veld­tog, wat as na­si­o­na­le slag­gat­maand be­kend­staan, sal so­wat 12 000 slaggate in die dor­pe waar A­friForum-tak­ke ge­ves­tig is teen ’n kos­te van R2 mil­joen her­stel word. Mar­cus Paw­son, A­friForum se hoof van plaas­li­ke re­ge­rings, het ge­sê dat die doel van die pro­jek is om staatso­n­af­hank­lik­heid bin­ne ge­meen­skap­pe te be­vor­der deur van self­doe­nak­sies ge­bruik te maak. “Ty­dens die or­ga­ni­sa­sie se ‘10 dae van self­stan­dig­heid’veld­tog wat in 2015 plaas­ge­vind het, is daar so­wat R1,3 mil­joen aan die her­stel van slaggate span­deer. Met die nu­we veld­tog wil ons ’n veel gro­ter im­pak maak deur paaie reg­oor die land te ver­be­ter.” “Ver­skeie mu­ni­si­pa­li­tei­te is reeds skrif­te­lik deur A­friForum ge­maan om die paaie sélf te her­stel. Mu­ni­si­pa­li­tei­te wat nie aan dié ei­se ge­hoor gee nie sal vir die on­kos­tes ver­ant­woor­de­lik wees,” het Paw­son ge­sê. ’n To­taal van 125 A­friForum­tak­ke neem aan die veld­tog deel en so­wat 300 ton teer sal ty­dens her­stel­werk ge­bruik word. Die veld­tog kom op 31 Mei tot ’n ein­de.

WAT DINK JÝ? A: Ons moet slaggate in ons dor­pe self her­stel B: Ons moet wag tot­dat die mu­ni­si­pa­li­tei­te dit her­stel SMS “A” of “B” na 45344. Sms kos R1

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.