B­lit­zkrieg het Blu­es ge­sink

Ac­kers: Ons het ba­lans reg­ge­kry

Beeld - - Front Page - Chris­to Bu­ch­ner

Die Leeus het hul Su­per-wed­stryd teen die Blu­es Sa­ter­dag hier op El­lis­park reeds bin­ne die eer­ste 11 mi­nu­te ge­wen.

Die 19 on­be­ant­woor­de pun­te wat die Leeus in daar­die tyd­perk met skit­ter­spel in baie moei­li­ke toe­stan­de aan­ge­te­ken het, het die grond­slag vir ’n oor­tui­gen­de se­ge met 43-5 ge­lê.

“Die ge­heim tot ons wel­slae was in daar­die eer­ste 20 mi­nu­te,” het Jo­han Ac­ker­mann, die af­rig­ter, ge­sê.

“Ons het die reg­te in­ge­steld­heid ge­had en daar was ’n hon­ger om reg te maak na­dat ons ver­brou het teen die Hur­ri­ca­nes.

“Ons het uit die staan­spoor die ba­lans reg­ge­kry tus­sen ons tak­tie­se skop­werk en wan­neer om met die bal te hard­loop.

“Dit was goed om die drin­gend­heid van die spe­lers te sien,” het Ac­ker­mann ge­sê.

Selfs nie eens die nat, koue toe­stan­de het die Leeus ont­moe­dig om met me­ning aan te val nie en die se­ge het ge­wis weer hul self­ver­troue her­stel.

War­ren W­hi­te­ley, die agt­ste­man en kap­tein, was vol lof vir die vas­te voor­spe­lers, wat hy glo die grond­slag vir die se­ge ge­lê het deur be­heer van sa­ke te neem.

“Ons vas­te voor­spe­lers was uit­staan­de. Die har­de werk is daar ge­doen en dit het ons ag­ter­spe­lers die vry­heid ge­gee om te kon aan­val,” sê hy.

In die agt­tal, waar al­mal hul deel ge­doen het, het ver­al Fran­co Mos­tert en Jaco K­riel uit­ge­troon. Die vyf drieë wat sy ag­ter­spe­lers ge­druk het, het ver­oor­saak dat Ac­ker­mann twee bie­re met een teug moes af­sluk.

“Ek het die ag­ter­spe­lers uit­ge­daag om vir my te wys hul­le kan steeds drieë druk,” het ’n glim­lag­gen­de Ac­ker­mann ge­sê.

Die sen­ter Li­o­nel Ma­poe het ’n drie­kuns in die t­wee­de helf­te be­haal en sy sen­ter­maat, Ro­han Jan­se van Rens­burg, en die vleu­el Court­nall S­ko­san het vroeg in die wed­stryd by skit­te­ren­de tak­tie­se skop­pe van die los­ska­kel, El­ton Jan­tjies, baat ge­vind.

“Dit was ’n be­lang­ri­ke se­ge vir ons en die ma­nier waar­op ons te­rug­ge­kom het ná ons al­mal in die steek ge­laat het teen die Hur­ri­ca­nes, is baie be­lang­rik,” het W­hi­te­ley ge­sê.

Die Leeus het aan die Blu­es ge­doen wat die ’Ca­nes aan hul­le ge­doen het deur die Auck­lan­ders van die eer­ste oom­blik af te oor­rom­pel en stom te speel.

“Ons het nie eens kans ge­kry om een en­ke­le skoot vroeg te skiet nie. As jy só gou al met 19-0 ag­ter is soos ons, is dit baie moei­lik om te­rug te kom. Ver­al as dit nog toe­stan­de soos hier­die is,” het die Blu­es se brei­er, Ta­na U­ma­ga, ge­sê.

“Hul­le het be­sit be­heer en in hier­die toe­stan­de was hul han- teer­werk uit­ste­kend. Ons kon ook geen druk op hul­le plaas met ons ver­de­di­ging nie. Dit was een van daar­die wed­stry­de wat jy so gou moont­lik wil ver­geet,” het U­ma­ga ge­sê.

Nie eens die ver­lies van die slot, An­dries Fer­rei­ra, weens ’n dy­spier­be­se­ring in die op­war­ming­ses­sie voor die wed­stryd, kon die Leeus van stryk bring nie.

W­hi­te­ley er­ken dit was nie mak­lik om die seep­glad­de bal te han­teer nie, maar met tye het die Leeus dit laat lyk na die mak­lik­ste ding op aar­de.

Pun­te­ma­kers: Leeus 43 (19): Drieë: Li­o­nel Ma­poe (3), Court­nall S­ko­san, Ro­han Jan­se van Rens­burg, War­ren W­hi­te­ley, War­wick Teck­len­burg. Doel­skop­pe: El­ton Jan­tjies (4).

Blu­es 5 (0): Drie: Ka­ra Pryor.

Fo­to: GALLO IMAGES

Dié keer kon hy nie weg­kom nie, maar Li­o­nel Ma­poe het Sa­ter­dag drie drieë in die Leeus se in­druk­wek­ken­de oor­win­ning van 43­5 oor die Blu­es ge­druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.