Hy wag 2 jaar vir WVF­be­ta­ling

Beeld - - Tot u diens -

P­hil­lip van Dyk sê hy het ná am­per twee jaar se wag nog nie be­ta­lings van sy werk­loos­heids­ver­se­ke­rings­fonds ( WVF) ge­kry nie.

“Ek het se­dert 2014 se­ker al se­we keer my do­ku­men­te by die WVF in­ge­dien, maar steeds suk­kel ek om my be­ta­lings te kry. Ek moes dik­wels op kruk­ke of in ’n rol­stoel na hul kan­to­re te­rug­gaan om die vorms weer te gaan af­laai. Pa­tien­ce N­ku­na het my nou laat weet hul­le het nog ’n do­ku­ment no­dig.

“Ek ver­staan dit nie, aan­ge­sien die WVF by ’n vo­ri­ge ge­leent­heid vir my ge­sê het hul­le het al­les wat hul­le no­dig het om my eis af te han­del.”

Ons het die WVF oor Van Dyk se klag­te ge­pols. Hul­le het hom ge­kon­tak om meer be­son­der­he­de oor sy klag­te te be­kom. ’n Be­ta­ling is in­tus­sen aan Van Dyk ge­maak.

) An­dré Bo­tha het ook by die WVF ’n blou­tjie ge­loop.

“Ek het ’n eis by die WVF-kan­to­re in Kru­gers­dorp in­ge­dien. ’n Ruk­kie daar­na het ek my eer­ste be­ta­ling ge­kry. Teen die tyd wat ek my t­wee­de be­ta­ling moes kry, het An­ge­la Sny­man van die WVF my ge­kon­tak om te sê my kre­die­te is ver­keerd be­re­ken en dat my lê­er na hoof­kan­toor deur­ge­stuur is.”

Bo­tha het vir te­rug­voe­ring ge­wag en la­ter be­sluit om die WVF self weer te kon­tak.

“Ek het met Cla­ri­na ge­sels en sy het my na ’n be­stuur­der ver­wys. Dié be­stuur­der het my ge­vra om my do­ku­men­ta­sie di­rek vir hom te stuur. Ek het dit ge­doen.

“Die vol­gen­de paar maan­de het my o­proe­pe aan die WVF nie be­vre­di­gen­de ant­woor­de op­ge­le­wer nie. Twee an­der be­stuur­ders het be­lo­we om my te­rug­voe­ring te gee, maar dit het nooit ge­beur nie. My do­ku­men­te is ook di­rek aan een van hul­le verskaf. Ek is nou heel­te­mal moe­de­loos ge­suk­kel.”

Ons het ook Bo­tha se klag­te vir die WVF ge­stuur. Hul­le het die no­di­ge be­re­ke­nin­ge ge­doen en die uit­staan­de be­drag is reeds aan Bo­tha oor­be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.