MTN dreig ná kon­trak be­ëin­dig is

Ver­brui­kers­fo­rum

Beeld - - Tot u diens -

Vicki Hoff­man het met MTN kop­pe ge­stamp.

“Ek het ’n he­le aan­tal jaar ’n sel­foon- en da­ta­kon­trak by MTN ge­had. Ek het dié kon­trak in De­sem­ber ver­le­de jaar skrif­te­lik be­ëin­dig. Dit het meer as ’n maand ge­duur om my nom­mer na voor­af­be­taal­de diens oor te ska­kel.

“Die kon­trak was ver­on­der­stel om in Ja­nu­a­rie van­jaar te ein­dig, maar MTN het weer in Fe­bru­a­rie geld van my re­ke­ning ver­haal.

“Ek het ver­de­re af­trek­kings van MTN ge­keer, maar nou kry ek drei­gen­de SMS-bood­skap­pe oor skuld wat ek glo nog het.”

Hoff­man het ’n aan­tal e-pos­se aan MTN ge­stuur om hulp te soek.

“My e-pos­se is ge­ïg­no­reer. Al wat ek so­ver van MTN ge­kry het, is ont­vangs­er­ken­nings, maar die saak vor­der nooit ver­der nie.

“In­tus­sen het ek nog ’n SMS van MTN ge­kry waar­in hul­le sê ek sal nie meer o­proe­pe van my foon af kan maak nie.”

Tot u Diens het Hoff­man se klag­te on­der MTN se aan­dag ge­bring. Sy sê hul­le het haar ge­kon­tak en die pro­bleem is op­ge­los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.