Gems dink toet­se is die­self­de

Beeld - - Tot u diens -

S­te­phan Ester­hui­zen sê die me­die­se fonds vir staats­wer­kers ( Gems) het een van sy me­die­se rekeninge nie vol­le­dig be­taal nie.

“Ek het ’n re­ke­ning vir be­ta­ling vir Gems ge­gee, maar hul­le wou dit nie be­taal nie.

“Vol­gens hul­le is die toet­se wat ge­doen is, ge­du­pli­seer. Daar is eg­ter twee ver­skil­len­de toet­se ge­doen. Ek kan nie in­sien hoe­kom Gems nie wil be­taal nie.”

Ons het Gems ge­vra om Ester­hui­zen te help.

Hy sê hul­le het hom ge­kon­tak om die saak te be­spreek. Vol­gens hul­le het die diens­ver­skaf­fer ver­keer­de da­tums vir die toet­se deur­ge­gee en dit is hoe­kom die be­trok­ke eis nie uit­be­taal is nie. Hier­die fout is reg­ge­stel en ’n vol­le­di­ge be­ta­ling is nou ge­maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.