B­lit­se vou in kwart­eind teen Sa­moa

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

Kaap­stad. – Die B­lits­bok­ke het nog nie heel­te­mal boe­del oor­ge­gee in die wed­loop om as kam­pi­oe­ne in Wê­reld­rug­by se se­wes­reeks ge­kroon te word nie.

Suid-A­fri­ka het die na­week 13 pun­te in die Pa­rys-toer­nooi ver­dien na­dat hy Aus­tra­lië ge­klop het in die Plaat­eind­stryd in die Je­an-Bou­in-sta­di­on. Die B­lit­se spog nou met 152 pun­te op die Wê­reld­reeks se pun­te­lys en het aan hul t­wee­de plek vas­ge­klou.

Fidji (166 pun­te) bly die voor­lo­per, hoe­wel Sa­moa hom gis­ter in ’n Be­ker-eind­strydril­ler met 29-26 ge­klop het.

Sa­moa het die og­gend ’n op­skud­ding in die Fran­se hoof­stad ver­oor­saak toe hy die B­lit­se met 21-10 in hul kwart­eind­stryd ge­klop het.

Nieu-See­land se Be­ker-kan­se het ook vroeg in die slag ge­bly na­dat Ar­gen­ti­nië hom met 19-17 in hul kwart­eind­stryd uit­ge­ska­kel het.

Vol­gens Neil Po­well, B­lits­bok­af­rig­ter, sal dit ’n won­der­werk verg vir sy span om die Wê­reld­reeks-ti­tel te wen, met Fidji wat ’n voor­sprong van 14 pun­te ge­niet.

Po­well se B­lit­se sal die laas­te toer­nooi in Lon­den (die na­week) moet wen, ter­wyl Fidji nie vir die kwart­eind­stry­de moet kwa­li­fi­seer nie.

“Fidji is ’n goeie span en het be­sten­dig ver­toon die sei­soen. Ek glo nie hul­le (Fidji­a­ne) sal in die laas­te toer­nooi hul kan­se ver­speel nie. Dit is wat moet ge­beur as ons die eer­ste plek wil ver­se­ker. Hul­le sal waar­skyn­lik die reeks wen, maar daar is nog ’n kans vir ons.

“Ons sal pro­beer om die laas­te toer­nooi te wen en ook die reeks­ti­tel,” het Po­well ge­sê.

Die B­lit­se het soos in vo­ri­ge toer­nooie vuur­warm rug­by in die groep­fa­se ge­speel, maar in be­lang­ri­ke uit­speel­wed­stry­de die kluts kwyt­ge­raak.

Die B­lit­se het wel hul fo­kus in die Plaat-half­eind­stryd her­win om Nieu-See­land met 29-19 voos te speel voor­dat hul­le Aus­tra­lië met 17-7 in die eind­stryd ge­klop het.

Die veld­tog in Pa­rys sal as ’n groot mis­luk­king be­stem­pel word. Die groot doel bly om die goue me­dal­je in Au­gus­tus op die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio de Ja­nei­ro te gaan wen.

Die Lon­den-toer­nooi is dus ’n laas­te kans om aan die land te wys dat die B­lit­se wel Rio-goud huis toe kan bring. Hul­le het nog net een toer­nooi die sei­soen – in Kaap­stad – ge­wen.

In gis­ter se Be­ker-kwart­eind­stryd het Sa­moa die B­lit­se fi­siek oor­don­der en dit was dui­de­lik dat die be­seer­de K­wag­ga S­mith (en­kel) se ver­de­di­ging en ver­moë om be­sit om te keer erg ge­mis is.

Daar word ver­wag dat S­mith en Ru­han Nel (skou­er­be­se­ring) na Suid-A­fri­ka sal te­rug­keer, met Po­well wat ver­an­de­rings aan sy span vir die Lon­den-toer­nooi sal maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.