R100 m. gaan op in vlam­me

Af­brand van UJ­ou­di­to­ri­um erg­ste van rits voor­val­le

Beeld - - Front Page - An­le­rie de Wet

Die Universiteit van Jo­han­nes­burg se San­lam-ou­di­to­ri­um, wat gis­ter in ’n brand ver­woes is, was een van ver­skeie ge­boue op die hoof­kam­pus van die universiteit wat deur brand­stig­ters ge­tei­ken is.

Die universiteit raam die ska­de aan die ou­di­to­ri­um op R100 mil­joen.

Mp­ho Let­la­pe, die UJ se ad­junk­vi­se­kan­se­lier, het gis­ter op ’n in­lig­ting­ses­sie ge­sê vei­lig­heids­wag­te het ver­le­de week ’n bran­den­de pe­trol­bom in ’n klas­ka­mer ge­vind en ge­blus. “Net een stoel het ge­brand.” Her­man Ester­hui­zen, woord­voer­der van die universiteit, sê daar was die na­week an­der voor­val­le waar­in men­se ge­boue aan die brand pro­beer steek het.

Let­la­pe meen dit is ’n klein groe­pie wat ver­ant­woor­de­lik is daar­voor en sê hul mo­tie­we is nog duis­ter.

Die po­li­sie kan nog nie be­ves­tig dat die brand by die ou­di­to­ri­um in Auck­land Park deur ’n pe­trol­bom ver­oor­saak is nie, maar ao. Gor­don Bil­ling, po­li­sie­woord­voer­der, sê daar is te­kens dat die brand “che­mies aan­ge­help is”.

Dit lyk as­of die brand na­by die hoof­in­gang van die ou­di­to­ri­um be­gin het.

Bil­ling sê vei­lig­heids­be­amp­tes het on­mid­del­lik die brand­weer ont­bied na­dat die brand gis­ter om­streeks 02:00 uit­ge­breek het.

Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Die bin­ne­kant van die ge­bou is heel­te­mal in puin ge­lê.

Groot wa­ter­ska­de is ook aan die re­ke­naar­la­bo­ra­to­ri­um op die ver­die­ping bo die ou­di­to­ri­um aan­ge­rig.

S­tu­den­te sou vol­gen­de week in dié re­ke­naar­lo­kaal ek­sa­men ge­skryf het.

’n Klag van brand­stig­ting is by die B­rix­ton-po­li­sie­kan­toor in Jo­han­nes­burg aan­han­gig ge­maak.

Prof. Ihron Rens­burg, vi­se­kan­se­lier, sê die UJ se vei­lig­heids­diens­te en die po­li­sie is be­sig om na vi­de­o­ma­te­ri­aal te kyk om die brand­stig­ters te pro­beer uit­ken. “Die be­trok­ke­nes sal in heg­te­nis ge­neem word.”

Die universiteit se gra­de­pleg­tig­heid sou vol­gen­de week in die ou­di­to­ri­um ge­hou word en al­ter­na­tie­we plan­ne word nou ge­maak.

Bil­ling sê ’n fo­ren­sie­se on­der­soek­span van P­re­to­ria on­der­soek die saak.

Fo­to: NELIUS RADEMAN

Net swart ge­bran­de stoe­le en mu­re is sig­baar na­dat die Universiteit van Jo­han­nes­burg se San­lam­ou­di­to­ri­um gis­ter­og­gend vroeg aan die brand ge­steek is.

Prof. Ihron Rens­burg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.