Win­nie het ver­dag­te gel­de­lik by­ge­staan

Beeld - - Front Page - – S­han­tel Mo­ses

Die jong man van Mon­ta­gu wat van die moord op Win­nie Rust aan­ge­kla word, was glo een van ver­skeie be­lo­wen­de leer­lin­ge wat gel­de­lik deur die Wel­ling­ton­se skry­wer by­ge­staan is.

Ni­gel Plaat­jies (18), wat ver­le­de jaar aan die Ho­ër­skool Hu­ge­no­te ge­ma­tri­ku­leer het, het gis­ter in die land­dros­hof in Wellington ver­skyn. Hy was op skool ’n ste­r­at­leet.

Rust is ver­le­de Woens­dag dood in haar kom­buis aan­ge­tref. Haar arms en voe­te was vas­ge­bind en haar ge­sig was vol bloed. Haar sel­foon was weg.

Vol­gens ’n bron het Rust ver­skeie leer­lin­ge wat a­ka­de­mies en in sport uit­ge­blink het gel­de­lik on­der­steun. Plaat­jies was glo een van dié leer­lin­ge. Hy is a­part van die an­der aan­ge­hou­de­nes hof toe ge­bring. Hy het ’n swart sweet­pak­baad­jie met ’n kap­pie aan­ge­had en sy ge­sig met ’n baad­jie be­dek. Vol­gens konst. No­loyi­so R­wex­a­na, po­li­sie­woord­voer­der, het die po­li­sie ver­skeie goe­de­re wat aan Rust be­hoort het in Plaat­jies se be­sit ge­vind toe hy die na­week in heg­te­nis ge­neem is. Die hof­ver­rig­tin­ge is tot 24 Mei vir ’n borg­to­gaan­soek uit­ge­stel. In­tus­sen het die po­li­sie ’n t­wee­de ver­dag­te, ’n 34-ja­ri­ge man, in heg­te­nis ge­neem. Hy ver­skyn na ver­wag­ting van­dag in die hof.

Plaat­jies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.