Tuks, R­ho­des ook ge­tei­ken

Beeld - - Front Page - – An­le­rie de Wet

Die Universiteit van P­re­to­ria (UP) het ook die na­week deur­ge­loop on­der po­gings tot brand­stig­ting op die hoof­kam­pus in Hat­field.

Dit was voor­dat die Universiteit van Jo­han­nes­burg (UJ) se San­lam­ou­di­to­ri­um op die Kings­way­kam­pus vroeg gis­ter­og­gend in ’n brand ver­woes is.

An­na­Re­tha Bou­wer, die UP se woord­voer­der, sê daar was die na­week tal­le po­gings tot brand­stig­ting wat ge­rin­ge ska­de ver­oor­saak het.

“Daar is aan my ge­sê dat dit moont­lik pe­trol­bom­me kan wees, maar dit is nog nie be­ves­tig nie,” sê Bou­wer.

Sy sê die on­der­soek na die ver­ skil­len­de voor­val­le is in ’n ge­vor­der­de sta­di­um, maar sy wou nie meer in­lig­ting be­kend maak nie om­dat dit die on­der­soek kan be­in­vloed.

Nie­mand is be­seer nie en die voor­val­le was nie na­by kos­hui­se nie.

Op die kam­pus van die R­ho­desU­ni­ver­si­teit in Gra­ham­stad is twee bran­de Don­der­dag met vlam­ba­re stow­we op die ad­mi­nis­tra­sie­hoof­ge­bou se vloer be­gin.

Dr. Si­z­we Ma­bi­ze­la, dié universiteit se vi­se­kan­se­lier, sê die po­li­sie se fo­ren­sie­se on­der­soek­een­heid het kort ná die voor­val­le met hul on­der­soek be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.