Ge­veg­te in ANC kan SA ver­nie­tig, meen op­po­si­sie

Beeld - - Nuus - Clau­di Mai­lo­vich en News24

Dr. Pie­ter Mul­der, VF+-lei­er, meen die fak­sie­ge­veg­te bin­ne die ANC kan Suid-A­fri­ka en die e­ko­no­mie ver­nie­tig.

Die ge­veg­te tus­sen die so­ge­naam­de fak­sies van pres. Ja­cob Zu­ma en dié van Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, is “ui­ters on­ver­ant­woor­de­lik”, het hy ge­sê.

“Hul­le (die ANC) is so blind vir hul eie in­ter­ne ge­veg dat hul­le die gro­ter prent­jie van Suid-A­fri­ka ver­loor. Die har­de werk­lik­heid is dat as die Suid-A­fri­kaan­se skip e­ko­no­mies sink, sink ons al­mal saam. Of hul­le nou ba­klei of nie ba­klei nie,” sê Mul­der.

Sy kom­men­taar volg op ont­hul­lings in Sun­day Ti­mes dat daar plan­ne is om Gord­han, as­ook ’n aan­tal van sy voor­ma­li­ge kol­le­gas by die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID), én die staats­aan­kla­er adv. Ger­rie Nel op aan­klag van “spi­oe­na­sie” in heg­te­nis te neem.

Mul­der en an­der po­li­tie­ke lei­ers was gis­ter in Mid­rand waar po­li­tie­ke par­tye die O­n­af­hank­li­ke Ver­kie­sings­kom­mis­sie (OVK) se ge­drags­ko­de vir die ko­men­de mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing on­der­te­ken het. Zu­ma was ook daar. “Ek is be­vrees mnr. Zu­ma moet klaar­kry en huis toe gaan so­dat mnr. Pra­vin Gord­han die ge­leent­heid kan kry om die land e­ko­no­mies te red. Ons is in diep moei­lik­heid,” sê Mul­der.

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, sê dit is deel van die oor­log tus­sen die pre­si­den­sie en die te­sou­rie.

Dit is sleg vir Suid-A­fri­ka se e­ko­no­mie. Daar is al 8,9 mil­joen werk­lo­se men­se in Suid-A­fri­ka en die spe­le­tjie wat ge­speel word son­der dat daar dui­de­lik­heid is oor of daar klag­te is en of daar in­heg­te­nis­ne­mings kan volg, kan lei tot ’n ver­de­re ver­swak­king van die rand en ’n toe­na­me in werk­loos­heid.

Die EFF is ge­kant teen Gord­han se in­heg­te­nis­ne­ming deur sa­ke­be­lan­ge “wat wil aan­hou om geld van die land te steel”, het Floyd S­hi­vam­bu, on­der­lei­er van die EFF, op ’n ver­ga­de­ring met le­de van sy par­ty in Dur­ban ge­sê.

“Ons woon in ’n ge­kaap­te land, wat ge­kaap is deur wit ka­pi­taal en on­langs ook deur die Gup­tas.”

Vol­gens S­hi­vam­bu is die land in be­heer van ’n mis­daad­sin­di­kaat wat daar­op uit is om geld te steel.

Fo­to: DE­AAN VI­VIER

Sê sel­f­ie! Ter­ry T­se­la­ne, ad­junk­voor­sit­ter van die OVK, neem gis­ter ’n sel­f­ie van hom en par­ty­lei­ers wat die OVK se ge­drags­ko­de vir die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing on­der­te­ken het: Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe­lei­er, M­mu­si Mai­ma­ne, DA­lei­er, Mag­da­le­ne Moon­sa­my, te­sou­rier­ge­ne­raal van die EFF, Lut­han­do M­bin­da, PAC­lei­er, T­ha­bi­so Mo­re­bant­wa van A­gang, T­hem­ba Go­di, APC­lei­er, A­lex Ke­ka­na, ad­jun­klei­er van die NFP, pres. Ja­cob Zu­ma, ANC­lei­er, Ken­neth Mes­hoe, ACDP­lei­er, en dr. Pie­ter Mul­der, VF+­lei­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.