Ge­sleep­te hond be­derf met soet rooi­bos­tee

Beeld - - Nuus - An­dré Da­mons

Bloem­fon­tein. – Die hond wat be­seer is toe hy so­wat 50 m ver deur ’n mo­tor saam­ge­sleep is, is te­rug by sy men­se en kry spe­si­a­le rooi­bos­tee­be­han­de­ling – met ek­stra sui­ker en melk – in ’n warm “hos­pi­taal­bed”.

Bru­no, ’n do­ber­mann pin­scher, slaap nou warm op sy bed van kom­ber­se by die ag­ter­deur ná sy nag­mer­rie-er­va­ring ver­le­de week.

Hy het on­der die mo­tor be­land na­dat hy blyk­baar vir weer­lig ge­skrik het.

An­ne­lie du P­les­sis (60), Bru­no se ei­e­naar, sê tra­ne van ver­lig­ting het Sa­ter­dag ge­vloei toe hul­le Bru­no by die Bloem­fon­tein­se Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging gaan haal.

Hul bu­re het hul­le ver­tel van ’n be­rig en fo­to in Beeld se sus­ter­koe­rant Volks­blad oor ’n ver­mis­te hond wat seer­ge­kry het en ge­vra of dit dalk hul hond is.

“My dog­ter, Man­die (24), het ge­sê: ‘Mam­ma, dit is Bru­no. Mam­ma, dit is reg­tig hy.’ Die tra­ne het ge­loop. Ek het met hom ge­praat en hy het ons da­de­lik her­ken.

“Dit gaan nou goed met hom. Ons gee hom spe­si­a­le be­han­de­ling. Sy warm rooi­bos­tee met ek­stra melk en sui­ker staan hier ge­reed,” sê Du P­les­sis.

Sy het haar Vry­dag­og­gend “dood­ge­huil” toe sy ag­ter­kom haar ge­lief­de hond is weg.

Hul­le is Don­der­dag­aand bid­uur toe en het eers die vol­gen­de dag ag­ter­ge­kom Bru­no is nie by die huis nie.

Dit is vir die ge­sin steeds ’n raai­sel hoe Bru­no uit hul erf in F­leur­dal, Bloem­fon­tein, ge­kom het.

“My man, Jo­hann, het net kom sê: ‘Jou hond is weg.’ Ek het my dood­ge­huil. Ons het Vry­dag ses blok­ke ver rond­ge­ry en na hom ge­soek. Ek het ge­fluit en na hom ge­roep.

“Ek is so ver­lig hy is vei­lig. Ons is baie lief vir die hond,” sê sy.

Hul­le gaan nou by­ko­men­de vei­lig­heids­maat­re­ëls in­stel om te ver­hoed dat Bru­no weer uit die erf kom.

Wim­pie Gey­er, ’n lid van die A­friForum-sek­tor 4-buurt­wag wat hom Don­der­dag­aand oor Bru­no ont­ferm het, sê hy is ook ver­lig die hond is te­rug by sy men­se.

“Ek is baie bly vir die men­se en die hond se ont­hal­we. Die hond was baie goed ver­sorg,” sê Gey­er.

Bru­no die do­ber­mann pin­scher is te­rug by die huis na­dat hy ver­moe­de­lik Don­der­dag­aand vir weer­lig ge­skrik en on­der ’n mo­tor be­land het. Hier is hy by sy ei­e­naars, An­ne­lie en Jo­hann du P­les­sis, en hul dog­ter, Man­die, by die Bloem­fon­tein­se Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.